jozini dam

hein 7648

New member
Hallo ouens.
ons gaan paasnaweek jozini dam toe en gaan my eerste keer daar wees. Hoe lyk die water nou en waar sal mens lekker besig wees met die waterhonde en wat sal julle se moet mens gebruik om hulle aan die lyn te kry. Sal dit ook beter wees om heeldag op anker te le of om te drift met aas of te troll vir hulle.
 

JFE

Senior Member
Eerste welkom op Sealine.
Daar is baie al gesê op die site.Gaan doen 'n search kyk ook in die afdeling jy sal baie info kry.
Enige van die 3 ipes hengel wat jy daar noem sal werk. Trol en drift in die rivier en anker in die dam. Geduld is die naam van die spel.
Aas is ook elkeen se eie opinie maar meestal is dit sardines of mackerel op drift wat welslae sal behaal, dan kan jy maar tussendeur spin as jy wil. Lepel werk. Vat ligte gery saam en van vir jou lewindige aas, klein kurpers en gebruil hulle, ook 'n kliller.

Oppas die koeie, moet nou nie naby hlle gaan lê nie, hulle hou nie altyd van dit nie en mag jou wil wegjaag.
 

JFE

Senior Member
Kan 'n klip ook wees, lol. In my opinie, ek gebruik Danforth ankers in varswater, kyk net die groote van die anker vs jou boot, maar op 'n 16ft Kosi het jy nie meer as 2 x 5kg ankers nodig nie.
Doen 'n search hier was 'n tyd gelede baie goeie besprekings oor hoe om jou boot te anker.
 

IWyk

Sealiner
Soek op Google en print n kaart van die dam, dit sal jou ook wys waar die ou rivier loop se drop off is. Jy kan dan stadig(een enjin) net in rat troll op die lyn.(Met kurpers of rappies). Sensation se tiger rappies werk goed. 4-6m water.

Jy kan ook baie stadig troll, in die rivier gedeelte, so 15m van die "weedline" af en dan met dieselfde kunsaas in die "pockets" cast tussen die grasse. Dit sal baie tiere produseer al hoewel nie baie groot.

Voor die pompstasie(natuur bewaring se kant en nie die grote suid van die gorge nie) is ook n goeie area vir trawl en op anker le, soek die drop off en so 6m water.

Verder rivier op is daar n lodge aan die linker kant met vertikale kranse. Die rivier maak hier n 90 grade draai na regs, trein brug toe. Die hele stuk daar voor is goed, weereens, soek die drop off en so 6 meter water.

Net om die draai(met die trein brug voor jou, is daar grass(riete), teen die kant aan die regter kant as jy brug toe kyk, jy kan ook hier anker en na die rivier se kant toe hengel. Gebruik die area as die wind jou afjaag van die dam af, jy sal altyd n vissie hier vang.

Van hier tot by die trein brug raak dit vlakker en daar is altyd seekoeie en ook n paar groot plat honde, so wees maar versigtig en hou jou afstand van die seekoeie.

As jy by die mond uitgaan in die meer in sal jy n boom kry aan die linker kant wat net net uit die water steek.As jy van die boom af suid kyk na die regterkantste oewer sal jy n prominente punt sien wat in die meer ingaan. Ry op die lyn in die rigting van die punt tot jy die ou rivier loop se drop off kry. Anker so dat jou aas dan op 6m agter die boot uit gehengel word. Uit die aard van die saak kan jy dit net doen as die wind noord noord-oos waai.

Hou die weer berig dop, suide wind betekin moeilikheid, bly liewer in die rivier gedeelte en hengel net die meer, met noorde, noord ooste of geen wind. Groot bote het al hul g@t gesien met suide winde, veral as jy van die Gorge af moet terug hardloop rivier toe. Veral as dit n varswater boot is(bass of geen wet deck).

Lewende kurpers behoort die tyd van die jaar beter te werk maar vat maar altyd n paar sardiens en hoender lewer saam en maak n sandwich as die hengel stil is.

Hengel op anker kan vervelig wees omdat jy sit en wag vir die vis om na jou toe te kom maar jy het n kans om groter vis te vang.(Amper soos specimin karp hengel).

Die gorge is ver en n moeilike area om te hengel, alhoewel dit baie mooi is daar, en pasop vir kief nette, dit kan jou boot skroewe beskadig en dan sit jy met jou vinger jy weet waar baie ver van jou bly plek af.

Stywe lyne en voorspoed met die trippie.
 

hein 7648

New member
Hi IWyk.
baie dankie vir die info, dit help baie. nou brand my agter ent om te gaan. hoe ver agter die boot troll mens met rappies?
 

IWyk

Sealiner
Ek trek gewoonlik n Strike pro deep diver(krom rug met groot lip) op my shotgun stock, so tussen 30-40m afhangend van die diepte van die water. Die een probeer ek so naby as moontlik aan die bodem kry,

Dan twee Sensation tiger rappies(verskillende dieptes) op die twee buitenste stokke op die rollbar, so halfpad nader aan die boot en laastens twee livies wat die ous sommer elk n stok in die hand hou so 5-10m agter die boot.
 

hein 7648

New member
awesome...
dankie vir die feedback.
daai krom rug lure noem petri van hier gaan ons alweer ou rufus. watse kleur lures werk lekker...
 

IWyk

Sealiner
Jong ou reels geld maar. Vroeg oggend, laat middag, vuil water en as dit bewolk is donkerder lures(oranje, bruin, baby tiger ens) en dan as die son goed skyn en die water is skoon, red heads, blou en ligter kleure. Onthou heeltemal rooi kleur raak vinnig weg soos die lure dieper werk, so as jy dit wil gebruik doen dit in helder water en as die son skyn al lyk dit soos n donker lure.

Moenie die livies afskryf nie, dit vat bietjie moeite maar kan jou ordentlike vis besorg.
 

TimJan

Sealiner
Hi

Wil net hoor hoe is die pad na Jozini dees dae?
Sal dit ok wees om met n lae kar plus n poot agter na?
Dit is van JHB?

Later
 

hein 7648

New member
As mens livies troll, gebruik mens net een hoek deur die mond of twee hoeke een deur die mond en een by die stert?
 

IWyk

Sealiner
Livies in die rivier is die beste plek om te kry of tussen die grasse op pad mond toe. Groter livies twee hoeke anders kom dalk net die kop uit.

As y in die kamp plek bly is die pad mooi. Van die paaie na die privaat lodges is maar rof.
 

Malboer

New member
Good day

Just came back from a weekend at Jozini and what a fantastic place it is.
This is not the normal type of fishing we do so I think we went unprepared and over tackled. But still managed to land some nice fish the biggest estimated at about 2.3kg Small red head strike pros and tiger wakka spinners with red and silver flash was the order of the day. Just trolling on the edge of the drop off in 3 to 4 metres of water just behind the weed beds. as the day went on the fish held deeper up to the 6m deep mark.

We did not spend much time bait fishing so i can not comment on that. The water level is very low and the guys fishing from the bank did not do well as they could not cast far enough to get on the drop off on the stretch we fished.

Regards
Malboer
 

Malboer

New member
Hi Hein

Bind die flash op die spinner hoek(enkelhoek en nie 3 angel nie) soos n bucktail jig. ons wou nog probeer om fillets ook op te bind maar die spinners alleen het so goed gewerk dat ons nie daarby uitgekom het nie.
 
Top