Is daar enige iets wat julle wil weet oor n spesif

Sada Lures

New member
Ghielies

Wat jy benodig: 6ft stok, katrol en 2 pond lyn.

Kunsaas: nommer 18 hoekie, splitshot 100mm weg van hoekie af en small curly tail (enige kleur)

Hoe om hulle te vang: Hulle kom voor slipways, jettys, droe bome, riviere, plekke waar beeste kom water drink.

Jy gaan jou kunsaas tot op bodem sak met jou stok se punt roep op water en dan jou kunsaas vinnig op en af werk.

ander metode is deur jou splitshot op die water te slaan en wanneer dit afsak dan gruip die ghielie die kunsaas dan lig jy net op.

(Moet nooit die gatjies pap metode gebruik nie want dan is jou kunsaas dae getel::S )
 

Zoompoep

New member
Gatjies pap?

Gino ek wil gou by jou hoor watse size pumpkingseed beveel jy aan vir buddy casting? ek het n ruk terug n klomp bestel waarvan ek n seker aantal slow sinking meduim aangevra het die bestelling het by my aangekom en alles was sinking? Waar kan ek slow sinking kry?
 

Pipeman

Senior Member
ek wil graag meer weet oor Nembwe en die ander roof kurpers. Ons gaan in December Okavango toe en ek will graag weet wat werk die beste vir hulle. Ek hoor dis beter om hul te teiken die tyd van die jaar as tiervis?
 

Sada Lures

New member
Newbwe kan gevang word op die volgende:

Bass jig, spinner bait, brush hog en Sada Goby.

Kleure wat jy kan gebruik: Junebug, Swart, rooi, oranje, blou en chatruese.

Ander roof kurpers

Spinners, Sada curly's Large en X-Large.

Kleure : oranje , pienk, pearl en chatruese.

Stywe lyne.....
 

Pipeman

Senior Member
Sada Lures wrote:
Newbwe kan gevang word op die volgende:

Bass jig, spinner bait, brush hog en Sada Goby.

Kleure wat jy kan gebruik: Junebug, Swart, rooi, oranje, blou en chatruese.

Ander roof kurpers

Spinners, Sada curly's Large en X-Large.

Kleure : oranje , pienk, pearl en chatruese.

Stywe lyne.....

Het jy moontlik 'n foto van 'n Sada Goby? Watter winkels hou die Sada curly tails aan? Sal Mias hul he?

Dink jy mens sal sukkel met die Tiere die tyd van die jaar?
 

Sada Lures

New member
Foto van Sada Goby kan gesien word by Artlure fishing.

Mias behoort Goby's aan te hou op hulle rakke.

Dit is die beste en mooilikste tyd om Tiervis te vang. Want gedurende die reen seisoen beweeg Tiervisse op met die riviere om in die rapids te spawn.
 

Pipeman

Senior Member
Ok enige ander kunsaas? Salmo's of Efzette lepels? Hoe rig jy die Sada Goby? Enige spesifieke hoeke?
 

Sada Lures

New member
Salmo's en Efzetts werk maar nie so doeltreffend soos die tiger wakka met 'n stukkie filled.

Jy kan die Goby op 'n drop shot no 2 jighead rig.
 

Pipeman

Senior Member
Dankie vir al die tips, het Saterdag bietjie shopping gaan doen vir al die kunsaas. Watter spesies kan mens nog verwag om te kry?
 

Sada Lures

New member
Groot plesier, mag al jou droom visse byt...

Ander vis wat jy kan vang: baber, briem spesies, squeekers, palings, african pike
 

Pipeman

Senior Member
Hier is 'n paar fotos van die Okavango trip, paar African Pike en Squeakers? (wat is die volnaam van die Squeaker?)
 

The Owner

Senior Member
Hi Pipeman, wens ek was hier gewees om vir jou advies te gee oor die roofkurpers. Ek was juis besig om hulle te vang van Nov tot Des. My pa gaan 'n storie oor roofkurpers in die volgende Stywe Lyne hê met 'n klomp tips. Mooi pike wat jy daar gekry het, hulle gee 'n lekker fight! Daar squeaker van jou is eintlik 'n makriel. 'n Squeaker se bek sit onder sy kop. Volgende keer as jy so trip beplan kan jy my pm:wfish
 

Sada Lures

New member
Die silverbaber (Makriel) is familie van die baber spesie
(Schilpe intermedius Ruppell is wetenskaplike naam)

Dit is die vis wat jy in foto gestuur het met die opskrif squeaker

Die squeaker se wetenskaplike naam is Synodontis.

Dankie vir die terugvoer. Dit lyk of julle dit geniet het.

Hoop my hengel kennis aan julle het julle gehelp.
 
Top