Is daar enige iets wat julle wil weet oor n spesif

Sada Lures

New member
Is daar enige iets wat julle wil weet oor n spesifieke varswater vis spesie?

Byvoorbeeld Rooibors Kurper, Blou Kurper ens...
 

Zoompoep

New member
Ek was nou al by vaalkop waar ons baie mooi bloues gesien het maar kry hulle nie gevang nie, curly tails asook efzet spinners niks. Sien daar is in harties ook hoe sal jy hulle vang? ( Mannetjie ,wyfie en pannies?)

Dan wil ek ook graag weet waar sal jy soek vir loodvis ,gielies, muskietvis? Vang jy die 3 met dieselde rig?as kan verduidelik die tegniek. Maak dit saak hoe ver jou splitshot van jou hoek af is? watse kleur gebruik jy vir watse klein spesie? Hoeveel tyd sal jy in n liga aan klein spesies spandeer?Ek neem aan jy vang eers al jou weeg vis wat jy kan?
Kan ek vooraf rig's opmaak met verkillende hoek grootes om vinnig te kan ruil vir die klein spesies? As ja hoe sal jy dit doen?
Watse lyn verkies jy as jy klein spesies hengel?

Watse klein spesies kry ons in die waters rondom ons, roodekopjes ,vaalkop,harties,buffels?

Sorry vir al die vrae maar ek weet nog min van die klein spesies af.
 

Otto

Senior Member
Ek sal ook graag will hoor oor die Bloues, Zoompoep jy vra ook net die regte vrae, jy kan die middag af kry. ::S
 

Unlimited

Sealiner
kom in kontak met droomvanger... ek stel voor ry arabiedam toe (flag boshielo), as ek nie verkeerd is nie, is dit die dam met die meeste spesies in SA.
 

Sada Lures

New member
Mannetjies Blou Kurper sal getreg word met 'n Karploodkop met 'n oranje curly tail wanneer hy op die nes is.

Wyfie Blou Kurper sal slegs gevang word wanneer sy die kleintjies oppas met curly tail, spinner en suspending jerkbait.

Pannies slegs met 'n curly tail gevang word en diepte speel 'n groot rol as jy hulle in diep water op die oppervlak kry sal jy hulle met 'n curly tail en 'n baie ligte split shot sodat die curly tail nie so vinnig weg sak nie. As hulle in vlak water is sal jy met swaar split shot en curly tail dat dit vinnig op bodem kan le.

Die metodes wat ek genoem het hier bo werk slegs van einde Oktober tot middel Desember.

Die Loodvis, Gielie en Muskietvis is te veel inligting op een slag. Ons elke week 'n spesie se inligting deel.
 

Sada Lures

New member
Kannarie Kurpers kan ongelukig nie 'n meter lank word nie anders het jy nooit gewerk nie :) En daar sal ook nie Bass masters gewees het nie daar sal Kannarie Kurper masters gewees het....
 

Zoompoep

New member
Watse gerei gebruik jy vir bloues? Stok ,lyn?
Watse grootte curly tail en watse hoek?
Sal die pannies die n curly optel wat stil op die bodem lê in vlak water of moet mens twich?
Waar is kurpes in die ander maande Desember tot oktober kan hulle dan nie gevang word nie?
 

Zoompoep

New member
Ja nee julle proef seker.... as jy nie omgee nie gee sommer vir ons n gedetaileerde opsomming van julle sessie vandag asook wat julle waar gevang het......(het getry!)
 

Sada Lures

New member
Vir die bloues moet jy 'n spinning stok 7ft met 4 tot 6 pond lyn. Oranje of pearl curly large en size 10 of 14 hoek.

Jy laat le jou curly vir 5 tellings op die bodem dan twich jy en dan herhaal jy net die proses tot jy hom vang

Die kurpers is van Jan. tot April in skole in dieper water en in winter eet kurpers glad nie. Pannies bly in vlak water tot die winter.
 

Sada Lures

New member
Ons het 6 spesies sonder blou kurper en baber gevang

Verder was dit net baie warm.... en dit het my denk vermoe verduister... maar na saterdag kan dit dalk terug kom :) (het probeer maar son was erg)
 

leonnic

New member
Vir bass fishing wil ek net weet wanneer gebruik jy watter soort flukes ect.

Soos bv wanneer die water donker is of wanneer dit lig is buite.
 

Zoompoep

New member
6 spesies well done! Hoor daar is plekke wat ons nie mag hengel nie , Bernard sal ons seker meer kan vertel.
Dink julle daar gaan wading toegelaat word? Hoe werk die wading reel oor die algemeen waneer besluit hulle jy mag wade en vir watse redes? Ons het sondag vir klein spesies probeer by klippe en dit is soveel makliker om af te klim en op die klippe te staan dan stamp die boot ook nie heeltyd teen die klippe as die water erg is nie. Daar is paar privaat "bay's" waar die lani's hulle bote parkeer met baie mooi biesies en seker daar is mooi klein spesies, mag ons daar in gaan? Sal die club ons penaliseer as ons op eie risiko ingaan?

Gino dankie vir die terug voer van die spesies wag op die res.
 

Sada Lures

New member
In donker water en in onweer gebruik jy al jou donker kleure flukes, creacher baits en as water baie vuil is gaan geen kleur werk nie net n groot vibrasie met spinner bait en rattle trap. Wanneer die sonskyn sal jy al die helder kleure gebruik en flukes
 

Sada Lures

New member
Baie Dankie dit gebeur net as jy lekker vis vang en nie kompeteerend hengel nie.

Ons sal van al die moets en moenies hoor op captains meeting saterdag oggend
 

Sada Lures

New member
Loodvis

Loodvis benodig jy die volgende: 6 ft spinning stok, 3 pond lyn en nommer 18 hoekie. Jy gebruik 'n wit of pearl small curly tail.

Struktuur waar loodvis voorkom: sement slipways, groot plat klippe waar alge groei en waar larwes op leef.

Hengel tegniek: Sig hengel jy gaan kyk waar daar 'n skool loodvisse voer op slipways en klippe dan gaan jy 'n nommer 18 hoekie met 'n splitshot wat 5cm weg van hoekie is. Dan gaan jy hom op die plat klip of slipway gooi en na elke 10 telling gaan jy dit 'n plukkie gee en dop hou tot die loodvis hom optel.

Enige ander vrae is welkom
 

Fanie

Sealiner
Sada Lures wrote:
Kannarie Kurpers kan ongelukig nie 'n meter lank word nie anders het jy nooit gewerk nie :) En daar sal ook nie Bass masters gewees het nie daar sal Kannarie Kurper masters gewees het....

Die lewe is darrem baie onregverdig, maar ek dink as kanaries 'n meter lank kon word dan sou hulle almal se 'masters' gewees het.

 

Die kuns van om bloues maklik op die nes te vang is dat hulle nie moet weet jy is daar nie.   As die boue jou gesien het moet jy die tyd wil spaandeer om hom gewoond te maak - sowat 10 minute wat soos ure voel - dat jy daar staan en daar gaan bly staan sodat hy uiteindelik na sy nes toe terugkeer.  Daar aangekom vind hy natuurlik die indringer gogga wat 'n curly tail of loodkop of selfs 'n spinner is. 

Die 'daar staan' beteken natuurlik so ver as wat jou langer stok (dipstok) se lengte toelaat, se maar so 4 - 5m en jy moet nie beweeg nie.  So hou jou mond toe (vlie).

Die kunsasie  sal hy gewoonlik probeer afskrik deur kwaai te probeer lyk maar as die indringer nie padgee nie, gryp hy die kunsasie om dit uit die nes te dra en elders te stort.  Dis wanneer jou lyn beweeg en jy die kurpertjie se tjank net daar aftrap.

 

Wie is Sada Lures ?  Rennie ?

 
 

Zoompoep

New member
Dankie , waar kry mens die hoekke beskikbaar? Het n nr 18 hoek n ogie? hety jy dalk n skets van die knoop wat jy maak op n hoek sonder ogies?
Hoe groot is die skole loodvis? En hoe groot word loodvis en van watse grootte af kan jy dit vang?

Sit jy n hele small curly op of breek jy klein stukkie af?
 
Top