Ja, nou moet die ouens van "Hier irriteer ons julle alweer" net hierdie lees en 2 dinge besef ( hulle doen goed vir die promosie vd sport, maar hulle doen ook baie skade vir vis hantering ens...)
1. Visse soos tiervis swem NIE AGTERUIT NIE! Moet hulle dus nie agteruit trek aan hul sterte in die water nie! Kiefmembrane is "fragile" en werk in die natuur as water van voor af deur die mond oor hulle spoel, nie agteruit nie.
As jy visse in die natuur of 'n tenk dophou wat wel agteruit swem,bv die Kurper of onderbekspesies sal jy sien as hulle "reverse" doen hulle dit met kiefdeksels styf toegeklem om die membrane te beskerm.
2. GOLDEN RULE NO 2 in my boek...Moenie die vis langer uit die water hou as wat jy jou eie asem kan ophou onder die water nie,maak dit sin?
As jy 'n vis wil terugsit ( na bv 'n foto geneem is ), moet jy dit vinnig doen, dan sal dit nie nodig wees om die amperse "bokkoms" te probeer revive nie!
Groete
Herman