Hier volg so 'n vinnige verslaggie van die Cradock

Vennie

New member
Hier volg so 'n vinnige verslaggie van die Cradock manne se hengeluitstappie na Hentiesbaai.

Ons sou Saterdag die 13de Oktober ry, maar toe ons Vrydagaand klaar gepak is by Flipper se huis, toe val ons sommer in die pad: eerste bestemming - Keetmanshoop waar ons Saterdagaand sal oorslaap.

Vroegoggend - net deur die grenspos (en geen ys nog beskikbaar nie), het die manne die kospakkies en koffie aangedurf

65n8tf.jpg



'n bietjie later, nadat ys beskikbaar was, word nuweling MR MILLER deur STRAFSERSANT GERTJIE "gedoop" op die middellyn naby Grunau (en dit was nie met koffie nie)
2mrz8jm.jpg



Langs die pad was ook bietjie teëspoed met die waentjie se band wat afgeskryf is. Bigboy beweer Flipper het sy waentjie beskikbaar gestel sodat hy nuwe bande kan opsit langs die pad. Dus het Bigboy 'n formele oorhandiging van 'n nuwe band aan Flipper in Keetmans gedoen ......

2dl6avb.jpg



By Keetmans aangekom, was die spuitfontein by die Central 'n wenner (alhoewel daar 'n swembad ook is). Vele aktiwiteite deur die dag het gevolg sodanig dat die kelner aan die einde van die aand sy bedanking teenoor ons uitgespreek het vir "'n baie spesiale dag". Ek kan ongelukkig nie verder uitwei nie...

14y3cqf.jpg



So arriveer ons darem veilig Sondagmiddag in Henties en Leon Krauze is gaaf genoeg om sy hengelwinkel vir ons oop te sluit om aas te koop en ons visvangpermitte te kry wat Simen goedgunstiglik uitgeneem het vir ons. Baie dankie julle twee - ons waardeer dit. Hierna sit ons af na St Nowhere waar ons die volgende week sou deurbring.

Maandag, Dinsdag en Woensdag is spandeer om gate te soek bo van die draad af tot 'n entjie Suid van St Nowhere, maar die weer wou nie saamspeel nie. 'n Volle totaal van 3 maat visse kon weggesit word in die tydjie wat maar net weer bewys dat as jy Henties toe wil gaan, moet jy genoeg tyd toelaat. Die wind het ons letterlik weggewaai en die see was redelik rof.

Puter pryk hier met een v/d vangste

abrv5y.jpg


Donderdag die 18de breek gelukkig aan. Die weer is nog nie lekker nie, maar ons geluk draai. Ons ry Blare toe en Vennie wys 'n gat aan tussen twee ander geselskappe weerskante van ons. Die gat sou vir ons oorblywende tyd in Henties 95% van die vis oplewer. Bygesê, ons het met laagwater daar begin vang en dit sou ook later duidelik word dat daar meer aktiwiteit met laagwater sou wees en wanneer die see nie so rof was nie.

Hier is Vennie met die eerste decent kabeljoutjie uit die gat


nq1rfm.jpg


Bigboy ook met ene

n6yphs.jpg


Die manne sit en cheers op sukses! Waar anders as in Henties kan dit so lekker lyk?

10egdhi.jpg


So moet die stokke mos staan!!!

2v3h4ys.jpg


Vir die eerste keer vang ons genoeg vis om die visskoonmaakgeriewe op St Nowhere te gebruik. Vrydag die 19de (ons laaste dag voor ons ST Nowhere verruil vir Henties) is die wind maar nog sleg, maar ons vang darem weer vis by Vennie se gat. Alles kom uit by dieselfde gat - Kabeljou, baie Steenbra (ondermaat) en Galjoen (meeste ook maar ondermaat). Die Steenbra byt dieper, die Kabeljou vlak en die Galjoen enige plek.

Hier is Flipper met een van die ondermaat Steenbra (wat natuurlik weer veilig teruggesit was).

n4d0tg.jpg



Mr Miller met een wat homself vasgemaak het terwyl ons geëet het!!

6nz587.jpg


So het die manne gevang tot laaste lig ...

vor23o.jpg


STRAFSERSANT GERTJIE se aksie

2us8lqu.jpg


So het die tydjie by St Nowhere tot 'n einde gekom en ons is Saterdagoggend weg na Henties toe waar ons die laaste week sou spandeer.

Die manne het darem net eers hulle hande in die Spa bad by St Nowhere gesit aangesien dit heeltyd te koud was vir die lywe!

2hwzmsx.jpg



Op pad terug Henties toe, het ons by die Woestyn kroegie & restaurant aangegaan vir 'n brunch. Van links na regs is die hele span: Gertjie, Flipper, Puter, Bigboy, Mr Miller en Vennie.

24viav6.jpg


Sondag die 21ste is rondom Henties spandeer, maar met geen geluk. Daar is besluit om 'n ghielie te gebruik vir Maandag en dit was 'n eye-opener om te sien dat ons ook geen vis vang saam met die ghielie nie, want die see is te rof!!

Dinsdag het ons die lang pad aangepak terug Blare toe na Vennie se gat en onmiddelik was die droogte gebreek.

Puter met 'n mooi speciman

2nss5s1.jpg


Flipper met 'n double hook-up van Barbers. Hy was die Barber koning van die dag:

20q1cw5.jpg



Mr Miller met ene wat net voor laaste lig gevang is

2hi4ahd.jpg



Woensdag die 24ste was ons laaste dag by Blare. Die see is mooi en ons vang genoeg Kabeljou om ons kwota vol te maak. Tussendeur was daar darem tyd om lekkernye op Puter se Braai te sit

2cesoch.jpg



En toe gebeur dit - Nadat Flipper die vorige dag die Barbers 'n gevoelige slag toegedien het, draai sy geluk ook. Hy sit nog so in hurkende posisie en beskou die woestynblommetjies, toe gaan sy stok af! Hy sien dit van waar hy gesit het, maar 'n voorry het mos maar net nie die wegtrek en spoed van 'n vleuel nie. Nodeloos om te sê - Bigboy moes die vis besig hou totdat Flipper al hortende opdaag by die stok. Hier is die gesamentlike vis:

jic969.jpg


Flipper met sy vangs

122yqzs.jpg


So loop ons tyd by Blare uit.
Mr Miller met 'n 74cm specimen

34fy7io.jpg



Omdat ons Kabeljou kwota vol was, besluit ons om die laaste Hengeldag rondom Henties deur te bring op soek na Galjoen. Alhoewel ons nie baie suksesvol was nie, het ons by Myl 30 op 'n gat afgekom waar die klein Kabeljoutjies ons besig gehou het. Elke gooi het 'n klein Kabeljoutjie opgelewer.

Bigboy het hierdie snaakse vis gevang en ons sou eers later uitvind dis 'n St Joseph haai

1ya9si.jpg


Vennie haak vir oulaas 'n rots

mazddc.jpg


So kom alles tot 'n einde

2qno3fb.jpg


Vrydag was ons laaste dag in Henties en ons was "at leisure". Ons trippie is, baie gepas, op die golwe afgesluit in die Restaurant op die water in Swakopmund.

Tot wedersiens

j5h28m.jpg
 

BIGBOY

Senior Member
Vennie thanks vir die report. Ek dink dat was een van my beste trips nog gesien in die hoeveelheid groter vis wat gevang is. Ongelukkig neem 'n ou nie meer van alles fotos nie. Daar is heelwat kabeljou van tussen 60 en 74cm gevang. Wel ek het besluit om van nou af BIGBOY'S FISHINGTOURS te begin. Na 3 jaar se ondervinding van die reël van die jaarlikse trip gaan daar van nou af elke jaar 'n trip wees. Vlg jaar se trip is na Mazeppabaai en omgewing. Dankie aan elke ou se wonderlike gees en kameraadskap, want dit is tog maar waaroor die trips gaan. 12 plekke vir Mazeppa is beskikbaar waarvan meer as die helfte reeds geneem is.
 

Koper

Senior Member
Baie dankie vir die mooi report Vennie, ek's bly julle manne het weer julle trippie geniet.  Ai, my tyd kom ook darem weer so stadig nader!
 

Vennie

New member
Ja - ons gaan Henties in 2013 'n skip gee vanweë die afstand. Mazeppa kan dalk in Pressley baai verander. Mazeppa is meer vir die haaivangers en ek hoor Boel sê Pressley baai het net die regte tipe huis vir 'n klomp vistermanne - met dek wat oor die see uitkyk en werkers wat bedags die huis oppas. "n Goeie ghielie is ook beskikbaar

Ek gaan TSAAAAM!!

:fbash:beer::H
 

K@llie

Member
Baie dankie vir die mooi verslag, dit laat my sommer weer verlang na Henties. As alles goed gaan sal ek weer volgende jaar Julie n draai daar gaan maak.
 
Top