Een van die beste baits is live bait, en of dit nou Karp, Bass, Kurper of enige ander spesie is maak nie saak nie. Kyk maar net watse spesie kom volop in die water voor wat jy gaan target. So die antwoord op jou vraag is ja. Hulle sal wel swem vir structures maar ek 'anker' hulle met of 'n vet gly sinker op die hooflyn of 'n threeway swivel rig soos hulle met R&S gebruik ook met 'n vet sinker. Die enigste verskil van hoe die gewone ouens die Karp rig teen oor hoe ek dit doen is waar ek die Karp hak met die hoeke. Ek hak my hoeke aan die onderkant van die Karp en nie by die ruggraat nie. Ek hak die een hoek net aan die onderkant van die Karp se kop by daai wit deel met die los 'velle' (net deur die vel aangesien daar niks gewig op daai hoek trek nie en ek sal later verduidelik hoekom dit nie 'trek' nie). Die tweede hoek wat ek snell hak ek dan weer net die die 'O'-ring van die Karp se fnol. Ook trek hier niks gewig nie. Dan maak ek 'n knoop (ken nie sy naam nie) om die Karp se stert en dis met die hulp van daai knoop dat al die gewig op die stert trek en nie op die hoeke nie. Sal later pics post van die rig en die knoop. Ek sny ook van die vinne af/deur om die vis se beweging te beperk of te beheer in 'n mate. Hierdie help met die vibrasies om die babers ook nader te lok.
Rede hoekom ek die hoeke aan die onderkant van die Karp hak en nie bo by sy ruggraat nie???? As die Karp lank in die water is begin hy moeg raak met die ekstra gewig (hoeke) op sy rug en dan 'capsize' hy later en verdrink en dan is dit die einde van jou 'live' bait, lol. Met die hoeke onder die Karp kan die Karp nog in die 'regte' posisie op die bodem gaan lê (en nogsteeds water deur se kiewe pomp) totdat hy genoegsaam herstel het om weer rond te swem sonder om te verdrink. Dus het jy langer 'n live bait in die water.