Hi there anglers i am in need of a good honey dip(

christodeb wrote:
GoFish wrote:
supercast se legend is puik . . . gooi so bietjie (5ml bloekom concentrate) by en kyk wat gebeur . .

.... Bv vat iets soos BMT van supercast, dis basies 'n banjo en stuttaford, in die damme waar die manne baie goed doen met BMT gooi ons net stuttaford en banjo saam.  
Ek het n liga komp by Klipdrif gehengel waar my penmaat met yebo en bmt gehengel het en my getrap het. Hy kon nie vir my sê wat in die dips is nie en net gesê bmt het banjo in en yebo het ebony in. Al wat ek toe doen is om die 2 op my bol te sit en het hom toe eintlik ingehaal en verby gevat. Nou is die vraag hoe kon ek hom verby vat? Hy kon nie op n kol hengel nie en kon genuine nie eers rigting hou nie. Ek het beide katrolle ingeklip gehad. Dis waar die 'edge' in kom waarvan christo van praat.
Maar ek verstaan ook waar die gier vandaan kom om die geheime dip uit te vind. Ek het 6jr terug n kas van oor die 40 dips en 30 boldips af te skaal na 20 "eenvoudige" boldips aleenlik. Ek het wel duplisering van 1 of 2 geure mar dis om n spesifieke kleur en geur te kry.
 

Optimus

Member
Ek stem met wat Christo se. As jy wil meng moet dit op die dag gedoen word en as jy klaar is gooi dit weg. Bietjie,bietjie op 'n slag. Dips word vooraf getoets deur die vervaardigers oor 'n tydperk voor dit op die mark gesit word. Hoekom wil ons dit nou verander?
 

Pan

New member
Geheim van 'n ou hengelaar ?
Nadat ek eendag die water goed opgeneuk het met al die kombinasies wat ek probeer het, en boggerall gevang het nie, maak ek toe uit moedeloosheid maar 'n oproep na 'n ou gesoute hengelaar(es). Die raad, (dip), was die volgende:
Meng een teelepel "vaaldam special" met een teelepel "duiwelsdrek" Strepie op die bol.
Paar minute later sommer 'n 3kg aan die hoek. Lekker baljaar onder die vis daardie dag.
Tip: Moenie daarmee begin nie. Net as niks anders wil werk nie. Gooi weg wanneer klaar gehengel...
 
Top