Geheim van 'n ou hengelaar ?
Nadat ek eendag die water goed opgeneuk het met al die kombinasies wat ek probeer het, en boggerall gevang het nie, maak ek toe uit moedeloosheid maar 'n oproep na 'n ou gesoute hengelaar(es). Die raad, (dip), was die volgende:
Meng een teelepel "vaaldam special" met een teelepel "duiwelsdrek" Strepie op die bol.
Paar minute later sommer 'n 3kg aan die hoek. Lekker baljaar onder die vis daardie dag.
Tip: Moenie daarmee begin nie. Net as niks anders wil werk nie. Gooi weg wanneer klaar gehengel...