Hi ladies and gents, I was in the fortunate positi

Dan eksperimenteer ek ook nog met hierdie silikon blob lures wat ek self maak. Hel werk lekker as 'n casting/pitching lure vir babers en ook agter die popper. Gaan nog lekker rondspeel met hierdie outjies want mens kan byvoorbeeld maklik 'n glass bass rattle in bou, lood invoeg vir 'n fast sinking roep lure of iets (weet nog nie wat nie) in die mix voeg sodat dit ekstra stadig sink of selfs dryf.
 

Attachments

  • 20160125_202632.jpg
    20160125_202632.jpg
    72.9 KB · Views: 390

Alex123

Member
Dit lyk goed Kaptein.. Ek het kurkproppe gaan koop want ek het nie gedink dat die foam proppe gaan werk nie..hopelik kan ek Maandag vir julle 'n paar fotos stuur van die babers wat ek geflous het... Dit is nou as hulle sal saam speel..lol

:fbash
 

Arrie87

Member
Netjies mense! Die stroppe en setups wat julle maak lyk vrek goed! Kannie wag dat ek weer in SA is nie, al is dit eers in Maart! Darem gaan ek dan 17 dae se visvang inwerk!

:woohoo:woohoo

Kaptein, daai silikon blob kan perfek wees, ek het 'n paar keer agtergekom dat die vis die mad-pumpkin slaan en dan nie naby genoeg die hoek byt nie, meestal kleiner vis, maar as hy stink soos vis dan werk hy vir my! :)

Laat weet my asseblief oor of die groter mad-pumpkins beter werk. Ekt so baie en so goed op die "small size" gevang dat ek nie eers probeer het om die groter mad-pumpkins uit te haal nie!

Hoop jy het mooi fotos om vir ons te wys Alex!
 

HennieB

Sealiner
Arrie watse braid het jy op die Ceymar gespool? Ek het die naweek 2 gekoop maar het nog nie braid vir hulle gekoop nie.
 

Alex123

Member
Hi Arrie,

Ek het Saterdag oggend vroeg die nuwe tegniek propbeer maar ongelukkig geen sukses behaal nie - babers was maar skaars. Ek weet nie of die weer iets daarmee te doen gehad het nie want self op aas het ons nie veel kon vang nie.. Ons het 'n groot maar vinnige storm gehad Saterdag middag..en die vis was heeldag baie traag om te byt. Ek het darem Saterdag middag op 'n Salmo Slider (wit- slow sinking) 'n paar gevang en Sondag oggend so 01:00 se kant 'n baber van 15,4kg (kuiken en hoederlewer kombenasie) gevang.

Groete.



:fishn
 

Alex123

Member
These guys from FishTheSea, were exactly fishing at the same venue and area where I was fishing and Popping for the barbel... - luck of the draw...

:fbash
 

Arrie87

Member
Dit suck Alex! Ek het 'n ook op 'n paar plekke die een dag vrek goed gevang en dan 2 dae later geblank vir 'n paar ure, eers toe ek die "retrieve" gewissel het kon ek die vis aan die gang kry.
 

Alex123

Member
Ja Arrie, dit is nou maar hoe die dinge loop... Maar ek gaan definitief weer probeer want die metode werk beslis.

::jest
 

kitefisher

Sealiner
Thanks for taking the trouble to upload the video Arrie.Great stuff,it works well off the boat too using a Salmo Slider Sinking(7cm) with two single-hooks.
 
SORRY about the thread hijack ...

Hi kitefisher

Would you mind sharing (or PM) some nice lure fishing (catfish, carp ... anything) spots in and around Welkom?

Going there to visit parents and inlaws at the end of March and will probably get some time to fit in a short session or two.

I have caught both vleikurper and dwarfkurper in Lakeview Pan but don't know know which bank will produce cats on lure and are safe to fish.

Is the Sandrivier still accessible to fish. We used to fish there as kids and I still remember that carp was easy on papgooi there. 

Cheers
Werner
 

Ryan

Sealiner
kitefisher wrote:
Thanks for taking the trouble to upload the video Arrie.Great stuff,it works well off the boat too using a Salmo Slider Sinking(7cm) with two single-hooks.
Look what the "cat" dragged in..... some old faces still around - Hello Uncle_seal1__seal1__seal1_
 

Skuimkop

Sealiner
Dagse manne.

Baie nice post en ek gaan die outjie verseker ook uit try.

Ek het net een vraag en dan moontlik een voorstel.

Vraag: Wat is die mechanics agter die rig? Wat is dit aan die lure wat sink wat maak dat die babers vir dit gaan en nie vir die kurk prop nie? Ek kan verstaan die kurk lok die baber met die vibrasies wat dit afgee maar het julle dalk al gevind dat die babers soms vir die kurk gaan of gaan hulle altyd vir die lure?

Voorstel: Hoekom gebruik 'n ou nie 'n Popper lure in plek van die kurk nie (hy dryf ook mos) want hulle is klaar op hulle eie suksesvol vir babers en dan gebruik jy vir die lure 'n slow sinking Rattle trap nie? Jy het die slash vibrasie van die kurk prop en die slow sinking lure efek van die lure met die bykommende vibrasie van die rattle in die Rattle Trap. Ja dis 'n duurder rig maar "verdubbel" jy nie so jou kanse nie? Jy het twee lures met hoeke. En dan kan jy nog die lure spray by sit vir die sent? Tripple wammy?

Of over think ek nou al weer, hahaha.
 

Attachments

  • Popper.jpg
    Popper.jpg
    4.6 KB · Views: 168

Skuimkop

Sealiner
O ja en dan byt jy boonop die jag instinkte van die baber nog meer uit dat jy die efek skep van 'n roof vissie wat 'n ander vissie jaag uit.

Enigste nadeel waaraan ek kan dink buite die duurder rig is dat die Rattle Trap kan koek aan die Popper se hoek. Dalk slap nylon coated wire gebruik om verby daai probleem te kom?

Jy kan dan die lures ook vergroot om dalk die ou manne uit te probeer oorle?
 
Top