Daar is nie 'n alombekende lys van resepte vir ál die dips nie. Elke vervaardiger het maar sy geheimpies. Daar is wel 'n paar resepte wat al op sealine bespreek is. Gaan net deur die ouer posts. Gaan kyk ook onder GENERAL. Jy kan ook die search funksie gebruik. Ek sou sê dis beter om by gekoopte dips te bly, want dit word al deur die vis erken as kos omdat so baie mense dit gebruik. Ek meng net my eie fx en so paar van my eie goed wat ek self ontwikkel het en wat ek vertroue in het. Verder het ek omtrent 10 gekoopte dips wat ek weet werk, soos tcp, devilsfork, stuttafords, banjo, bunspice, duiwelsdrek, looti, mielie-muti, garlic en almond.