Hi Almal
Eerstens moet ek sealine bedank vir al die inligting. mens leer altyd iets nuut as jy net so bietjie rond speel en al die posts lees op sealine.
Van al die resepte "Homemade dips" tot al die verskillende stories en plekke waar mens kan gaan hengel.
Ek gaan hengel nogals gereeld by die vaaldam "Boschkop" asook by die R50 dam (Rust in Orbi) naby Brackenhurst. Ek probeer om te minste een of twee keer per maand by een van daai plekke 'n draai te maak.
Met elke uitstappie, elke tydskrif elke maand, al die inligting op sealine, ens. leer mens regtig baie. hoe meer ek gaan hengel, hoe meer kan ek nie genoeg kry daarvan nie.
Ons het noual iets van als probeer, Bass hengel, Diepsee, varswater, ens.
Maar op die einde van die dag bly my hart maar by varswater hengel.
Ek probeer om nou maar so stelsel matig in die spesie hengel in te kom, maar dit vat maar tyd en kan ook maar 'n duur storie raak. maar ek kom daar.
Om by my punt te kom :
Iets wat my en ek is seker al die ander hengelaars en kampeerders baie bekommer is die aantal misdaad langs ons waters.
Ons het gereeld by Boschkop gaan kamp, maar na al die misdaad daar begin het, is dit ook iets van die verlede. Dit is net nie die moeite werd om die kans te waag dat jy wakker word met een van die ouens in jou tent nie. Sal ek se nie weer nie!!!!
Op daai stadium is jy so deur die blare dat jy nie mooi besef wat gebeur of wat jy doen nie.
Ons het dit ook altyd geniet om by Jim-Fouche te gaan hengel en kamp vir die naweek.........maar weet nie wat nou daar aan gaan nie. Dan is die plek oop en dan is die plek toe. Was seker so 4 weke gelede daar en toe staan daar 'n bord by die hek wat se "Die oord is gesluit". Dis 'n jammer want ons het altyd goeie vangste en tye daar gehad......
Ek het nou nog nie soveel tyd gehad om rond te soek op sealine of enige ander plek nie, maar miskien kan ek en almal wie belang stel inligting of die manier uitdeel onder mekaar.
Ek glo nie daar is iets meer soos 'n veilige hengel oord of kampeer plek nie.
Maar op die manier kan ons dalk net almal bewus maak van plekke waar daar regtig moeilikheid is en plekke waar dit dam nog veilig is om langs die waters te gaan kamp en nie te bekommer dat al jou toerusting gesteel word nie.
Kan iemand dalk help met inligting oor enige veilige oorde langs die Vaal Dam od Harties??
Enige inligting welkom...........plekke wat veilig, toegerus, nie veilig, half en half veilig is??
Dankie en Hengel Groete
:fishn
PS: kom ons hoop die koue weer gaan binnekort verby wees.....