O-ja nog 'n ding, ek het so paar platties en ook visse in 'n tenk, as ek sien die wurms teel mooi en vinnig aan en word te veel dan dun ek hulle bietjie uit...die platties en visse help goed daarmee!
My houers staan buite onder 'n afdak,ek gebruik die spesifieke houers al 9 jaar en die metode en wurms al bykans 14 jaar,dus so paar generasie wurms wat ek al deurgewerk het!
Ek het altyd wurms tot my beskikking winter/somer/herfs/lente/reen/droogte ens...
Omdat karibas gehard is bring ek die wat oorbly na 'n trip ( indien daar oorbly...) weer terug,gewone tuinwurms vrek gewoonlik na so uitstappie...
Ek sal so een keer in miskien 2 jaar so bakkie wurms aankoop vir bietjie "nuwe bloed" dus ander gene en groter gesonde wums!
Groete
Herman