Gooseman
Jou motief is reg onthou net diep is relatief en groot baits is ook relatief, die vis se metabolisme verstadig dit beteken hy eet nie meer so baie nie en beweeg ook nie meer so baie. Met ander woorde die vis word lui.
As jy dink aan diep water, as n vis 90% van sy lewe in 1 - 3 voet water spandeer wat beskou hy as diep water? In my ondevinding is 5 - 10 voet water is diep genoeg tensy jy n diep dam soos Inanda of Albert Falls hengel. Meer belangrik is dat jy verstaan dat die vis nie baie gaan beweeg om jou aas te eet nie. Die vis is geneig om dieper in struktuur in te beweeg in die winter juis vir die rede. Dit beteken jy moet akkurate casts maak en seker maak jy los jou aas langer in die strike zone, partrykeer wat hulle noem dead sticking laat die lure le vir n paar sekondes voor enige beweging en as jy dan beweeg een kort stadige beweging.
Die ander taktiek sal wees om vir n reaksie strike te soek met iets soos spinner bait of crank bait, moet se ek het nog nie veel sukses gehad met reaksie strikes in die winter nie. As ek kyk na my logs dan is daar een ander tegniek wat n verskil maak vir my in die winter, donker kleure werk beter as die normale kleure. In plaas van groter lures gebruik ek meer donker kleure wat se profiel groter lyk onder water in elke geval. Junebug is n baie goeie kleur vir winter tyd. Ek hou ook daarvan om meer creature baits te gooi as wurms of flukes.
Om op te som hengel stadiger, met donker lures in bietjie dieper water!