Het enige iemand raad en tips oor hoe om die wnter

Pershond

New member
Watermelon candy senco's met 'n klein split shot in die diepste gras wat jy kan kry. En 'n hipflask vol Ou Bruin Skoene!! :ifishin

Of maak 'n trip na die Laeveld, daar byt die vis altyd goed. Ons het gewoonlik Tzaneen dam net in die winter gefish.
 

Gooseman

New member
Ek weet dat Bass in die winter in die diepper water in beweeg dat hulle reaksies stadig raak. Het erens gehoor dat hulle as dit ongelooflik koud is meer geneig sal wees om groter stadige kos sal vat. ( Dit vereis minder energie om te vang en bass kan meer energie uit dit uit kry)  

Ek het so ruk terug 'n artiekel gelees wat die punt bespreek het dat  bass tydens die winter op ledges naby vlak water sal voorkom aangesien hulle kan warm bak in die son tydens die hitte van die dag. Sonder om te ver hoef te swem en as dit weer kouer word kan suspend teen die drop off soos die water temperatuur daal . Dit maak dit ook makliker om prooi te "ambush" as dit oor die kant van die drop off geswem kom.

Die groot vraag is hoe hengel mens vir bass wat hierdie gedrag toonbeeld    

Sover ek weet moet mens in die winter diep, stadig en met groot kunsaas hegel. Goed soos jigs, groot sencos, flukes en wurms. Gewoonlik in natuurlike kleure. So ver ek weet is dropshot ook vir die tyd van die jaar ontwerp maar ek het nog nooit iets so gevang nie. Wil ook bietjie kyk na shakky head hengel die volgende paar winter maande.

So, het enige iemand bietjie raad of miskien 'n ander idee oor wat bass doen tydens die koue maande?  
 

HennieS

Senior Member
Gooseman

Jou motief is reg onthou net diep is relatief en groot baits is ook relatief, die vis se metabolisme verstadig dit beteken hy eet nie meer so baie nie en beweeg ook nie meer so baie. Met ander woorde die vis word lui.

As jy dink aan diep water, as n vis 90% van sy lewe in 1 - 3 voet water spandeer wat beskou hy as diep water? In my ondevinding is 5 - 10 voet water is diep genoeg tensy jy n diep dam soos Inanda of Albert Falls hengel. Meer belangrik is dat jy verstaan dat die vis nie baie gaan beweeg om jou aas te eet nie. Die vis is geneig om dieper in struktuur in te beweeg in die winter juis vir die rede. Dit beteken jy moet akkurate casts maak en seker maak jy los jou aas langer in die strike zone, partrykeer wat hulle noem dead sticking laat die lure le vir n paar sekondes voor enige beweging en as jy dan beweeg een kort stadige beweging.

Die ander taktiek sal wees om vir n reaksie strike te soek met iets soos spinner bait of crank bait, moet se ek het nog nie veel sukses gehad met reaksie strikes in die winter nie. As ek kyk na my logs dan is daar een ander tegniek wat n verskil maak vir my in die winter, donker kleure werk beter as die normale kleure. In plaas van groter lures gebruik ek meer donker kleure wat se profiel groter lyk onder water in elke geval. Junebug is n baie goeie kleur vir winter tyd. Ek hou ook daarvan om meer creature baits te gooi as wurms of flukes.

Om op te som hengel stadiger, met donker lures in bietjie dieper water!  
 

Johanvc

Sealiner
Hennie ek stem 100% saam met jou. My voorbeeld is Middelburg dam Junie 2007 Pretoria Bass Masters club comp
Ons begin met Lavender shad DLN cranks en spoor vis op by groot gras banke in die hoof dam. Ons beweeg aan en soek toe nog plekke soos daai. Goeie donker plastics soos Black and blue senko’s en Green pumpkin senko’s. Haal 5 vis uit wat my n sak net oor die 6kg gee tussen 5ft tot 9ft met n baie mooi 3.365 kikcer.
Ek begin altyd in die winter met cranks en chatterbaits. As ek nie n vis op tel binne 30min nie dan gaan ek oor na my weightless senko’s en fluke’s toe. En dis waar wat jy se jy moet 100% akkuraat cast want as jy 30cm uit is gaan hy hom nie vat nie. Wat ek dan ook doen is as ek nie so n byt kan kry nie dan gaan ek oor na klyn baits toe. Baby brush hogs, junior flukes en 4” senko’s met n klyn split shot.
 

Ryan

Sealiner
When the water is cold the call me "mansize"..........
Hehe another Hi-jacked thread.....
I am off to RDW on Saturday
 

Ryan

Sealiner
Yeah I have always caught bigger fish in the winter month's.
Fish Slower deeper with plativs that but out a big vibration (deadringers/ brushhogs etc)
 
Top