Goed hier gaan ons, die water by Aqua Via aan die regterkant (die deel wat in die Vaaldam inloop) is vreeslik moeilik.
Ek glo dit was oor die koue front wat in beweeg het en dat die Barometer druk gedaal het. Die deel van die oewer is skoon met geen modder. Die rivier is so gemiddeld 125 meter breed en maak diep pockets (poele).
Wanneer jy werp dan neem dit 'n redelik tydjie voordat jou bom die bodem tref.
Kariba wurms en deeg in die orde van die dag en sterk bol dips. Meeste vir in oggend gevang. Die saand het ook goeie vangste gelewer met grooter vis wat uitgekom het die aand se resep was mielies (ongegeurd) en SWD met sterk bol dips.
"n dag langs die dam bly beter as a dag op kantoor al vang mens niks."