Ons het so paar kolsterte en die een op die foto by canopy gevang. Maar die grotes was so 1km suid van blare. Hulle was nogal volop daar maar ons het geskuif want ons het galjoen gesoek die dag toe kry ons die galjoen en nog kolsterte so 3km noord van blare.
Die water was kouer hoe meer noord ons beweeg het maar ons was een dag suid toe was die water ook heelwat koeler as aan die begin van ons trip. Maar oor die algemeen was die water warmer as normaal.
Ek dink dit is dalk hoekom die meeste groot steenbrasse van myl 100 en noord uitgekom het. en glo my daar het baie bo 10kg uitgekom n paar van meer as 15kg ook. Ons het net een lekker size van 8kg gekry toe gooi ek hom maar terug daai vis is darem te mooi om te eet!!
is so. ek sal maar kyk as ek n meneer haak. dis n droom vis, as die camera naby is, dan sal ek hom seker laat gaan. ek sal gelukkig wees met die kleiner mannetjies vir die braai!
waarop het die steenies gebyt, mossel, seekatpoot?
Ons het met mossel gevang maar die grotes het op krap, kreef en seekat poot gebyt. Ek hou nie baie van krap nie omdat dit nogal swaar gooi en die vis dit moet sien en as daar gras in die water is da kan jy maar vergeet. Die goeie ding van krap is dat jy nie sommer n kleintjie daarmee gaan vang nie en krappe is maklik om in die hande te kry. Tjokka het ook gewerk en ek het by 'n paar ouens gehoor hulle het op pilchard ook gebyt.
Stinkmossel moenieeers die moeite doen om suid afrikaanse pilchards daar bo te koop nie dit is n mors van geld! behalwe dat hulle klein is, is hulle nog pap ook! Koop die 5kg Nam pilchards of neem jou eie saam. Maasbankers, makriel en harders wat daar te koop is, is van goeie gehalte. Jy kan dalk ook n paar van jou eie tjokkas en seekatpoot ook saam neem.