Henties Feb 2011

Koper

Senior Member
Bok sal maar die "beans moet spil" soos die engelse sê.

Kolsterte het ons nog altyd net in die genoemde gedeelte gekry, ek sal graag wil hoor of daar ander plekke is waar hulle uitkom.
 

Simen

Sealiner
Dankie BOK vir die foto's en verslag.

Koper, daar het onlangs 'n paar kolsterte by die skuinsrif uitgekom, sowel as voor die soutkamp (St Nowhere).

Niks om oor huistoe te skryf nie, maar darem maklik grootte gemmak.
 

BOK

Senior Member
Ons het so paar kolsterte en die een op die foto by canopy gevang. Maar die grotes was so 1km suid van blare. Hulle was nogal volop daar maar ons het geskuif want ons het galjoen gesoek die dag toe kry ons die galjoen en nog kolsterte so 3km noord van blare.
 

AndriesH

Sealiner
Dankie Bok.

As ek dit nie mis het nie is Blare net noord van Myl 108?
Bietjie ver vir 'n aand se ry die keer.

Ons kyk maar wat kom uit by die social, dalk 'n lekker 5kg St Joseph of so.
Kan nie wag nie

Weereens, lekker trip en 'n lekker verslag - stywe lyne
 

BOK

Senior Member
Ja die temperatuur het baie gewissel

Die water was kouer hoe meer noord ons beweeg het maar ons was een dag suid toe was die water ook heelwat koeler as aan die begin van ons trip. Maar oor die algemeen was die water warmer as normaal.

Ek dink dit is dalk hoekom die meeste groot steenbrasse van myl 100 en noord uitgekom het. en glo my daar het baie bo 10kg uitgekom n paar van meer as 15kg ook. Ons het net een lekker size van 8kg gekry toe gooi ek hom maar terug daai vis is darem te mooi om te eet!!
 

stinkmossel

Sealiner
is so. ek sal maar kyk as ek n meneer haak. dis n droom vis, as die camera naby is, dan sal ek hom seker laat gaan. ek sal gelukkig wees met die kleiner mannetjies vir die braai!
waarop het die steenies gebyt, mossel, seekatpoot?
 

BOK

Senior Member
Ons het met mossel gevang maar die grotes het op krap, kreef en seekat poot gebyt. Ek hou nie baie van krap nie omdat dit nogal swaar gooi en die vis dit moet sien en as daar gras in die water is da kan jy maar vergeet. Die goeie ding van krap is dat jy nie sommer n kleintjie daarmee gaan vang nie en krappe is maklik om in die hande te kry. Tjokka het ook gewerk en ek het by 'n paar ouens gehoor hulle het op pilchard ook gebyt.

Ons het ma altyd die kameras naby gehou! 
 

BOK

Senior Member
Stinkmossel moenieeers die moeite doen om suid afrikaanse pilchards daar bo te koop nie dit is n mors van geld! behalwe dat hulle klein is, is hulle nog pap ook! Koop die 5kg Nam pilchards of neem jou eie saam. Maasbankers, makriel en harders wat daar te koop is, is van goeie gehalte. Jy kan dalk ook n paar van jou eie tjokkas en seekatpoot ook saam neem.
 
Top