Henties Feb 2011

BOK

Senior Member
Goeie dag ek wil net vir almal jammer se dat ek nou eers terug report want tegnologie het my so bietjie in die steek gelaat!

Ons het Vrydag aand hier vertrek en ons het Saterdag middag na 18 ure se ry en baie min slaap vir Henties binne gery. Ons het vinnig gaan afpak by ons blyplek en terug gery Skubbebar toe om so bietjie inligting en aas te kry vir die volgende dag se hengel.

Dag 1 het ons besluit om maar suid te begin en ons gooi toe die eerste lyne met son opkoms by myl 8 in die water. Die water was baie warm en ons het nie eers n baber daar gevang nie tot die makriel kop kop het heel uitgekom. Ons het darem een galjoen by Myl 14 en twee galjoene by Wlotzkasbaken gevang en dit was al vir die dag.

Dag 2 en 3 het ons toe maar noord gewerk en die vis gesoek. Ons kry hul toe by bakleigat en vang toe sommer ons kabeljou kwota in 2 dae vol saam met baie spotties pylsterte en babers.

Toe besluit ons op op Steenbra te fokus en dit was verseker nie maklik nie!

Ons het op en af gery en nog kabeljou en pylsterte en spotties gevang so paar Steenbra het uit gekom maar nie baie groot nie. Ons het darem by Canopy twee 5 kilogram en een 8.5kg steenbras gevang.

Ons het so twee dae spandeer aan galjoen en die kwota ook amper vol gevang ons het ook n paar mooi kolsterte half per ongeluk gevang.

Op ons laaste dag van hengel het ons besluit om 'n paar bronsies te probeer vang.

Ons het al die kiewe en derms van amper 2 weke se vis gehou en gevries vir hierdie dag dit was twee groot emmers vol. Ons besluit toe op myl 100

Nadat al die hoeke en stroppe gemaak was het ons die gevriesde bloed en derm bolle so 20 meter suid van ons gaan begrawe en die makriel koppe ingegooi. Dit het so 15 minute geneem voor die eerste katrol geskree het. Die vis is geland en dit was n pragtige mannetjie vis van 1.5 meter. So 20 minute nadat ek n nuwe aas ingegooi het le my stok ook plat en na 50 minute le daar weer 'n pragtige vis van 1.65m. Toe het ons weer vars aas ingegooi maar niks het dit opgetel nie.

Al wat ek weer kan se van ons henties vakansie is dat dit weer ongelooflik was. Die nuwe vriende wat ons maak by Skubbebar die mooi sonsondergange die spoed wat 'n man kan optel om by sy stok te kom as 'n vis die aas vat die cowboy kos teen die see dit is eintlik wat hierdie trip so onvergeetlik maak.

Ons het 11 verskillende soorte visse op hierdie trip gevang dit sluit nou ongelukkig klipvis en baber in maar nogmaals ongelooflik!

Dit was maar erg om vir henties gister oggend 4 uur te groet maar nou ja lekker kan ook ophou.

Nou sien ons maar weer uit na volgende jaar!
 

Attachments

  • IMGP2731.JPG
    IMGP2731.JPG
    29.6 KB · Views: 483

Koper

Senior Member
Mooi Bok - Ek's darem bly dat jou amperse nie trippie so mooi vir julle uitgedraai het.

Geluk met die puik vangste.
 

AndriesH

Sealiner
Pragtige verslag en 'n lekker trip.

Deel asseblief met my daai kolstert se adres.
Dit is my teikenspesie vir 2011.
2kg.
 

Koper

Senior Member
Andries

Jy sal jou tent 'n dag of twee vanaf Horingbaai tot by Myl 100 moet opslaan, hulle hang daar uit.
 

AndriesH

Sealiner
Thanks Koper - dis my plan vir Desember - kamp by myl 108 en soek hulle van daar af.
Simen se Torra is die plek vir hulle, maar die logistiek is bietjie moeilik.

Dit klink of Bok hulle nader aan Henties gekry het?
 
Top