Ek is bly julle het 'n voorspoedige reis gehad, ek hou duim vas dat die vangste net so voorspoedig sal wees. Net 'n vraag, by watter area gaan julle soek vir sandkrappe?
Baie mooi verslag sover en pas-sop vir die huis brekers daar.Hulle breek gewoonlik die laaste aand in voordat julle vertrek.Steel selfone en kattrolle.
Ons vang die krappe noord of suid van canopy soek net 'n sandbank met lekker sagte sand en steek 'n paar lemoen sakkies met ou pilchard of vis derms met jou sand spike in knie diepte water en wag so paar minute. Dan sorg jy dat jy handskoene aan jou hande het en vang soveel jy nodig het. Nick die ranger kry vir 'n slag 'n blaaskans.
So vanoggend 3:57 am is ek wakker ( soos elke jaar se eerste oggend in henties ) kan nie verder slaap nie want die opgewondenheid is net te veel! Ons kom met dagbreek aan by canopy om ons krappe te vang en ten miste was ons darem suksesvol daarmee. Daarna ry ons rond en plot moontlikke steenbra en kabeljou spots en maak 'n paar gooie. Ek moet se canopy lyk vanjaar weer pragtig. Die water lyk soos 'n dam (of eerder swembad) en ek is spyt ek het nie my duikbril en snorkel saam gebring nie! Die water is baie baie glas helder skoon. So ons was nie baie suksesvol op ons eerste dag nie die vrou in die groep het ons manne laat les op se met een klein kabeljoutjie en een eagle ray ( dit was al vir die dag) Op die oomblik kom hier nie baie vis uit nie ek het vanaand by skubbebar darem een mooi steenbra gesien en seker 'n totaal van 10 kabeljoue nogal ongewoon vir henties.
Ons het tot by skilpad klip gery om die vis te soek maar niks gekry dit het al so in die verlede gegaan ons sal hul nog kry. Vandag was eintlik 'n ideale bronzie dag ons het een aan gehad maar ongelukkig op kabeljou gery. Nou moet die suid weste wind net begin waai as canopy tot by doep se gat kleur kry is die gala aan!
Ons het ook in Feb vir so twee dae helder skoon water gehad en die vis het basies verdwyn tot en met die water weer daai troebel groen kleur gekry het, dit is ook mos maar hoe hengel werk, jy kan niks vang die dag nie maar more oggend is jy positief dat jy vandag die grotes gaan vang. Canopy omgewing bly maar 'n goeie plek vir Kabeljou en Steenbra.