hengelaarsvriend

medic

New member
goeie dag alle mede hengelaars, ek wil net bietjie by julle informasie kry oor hengelaars vrien, ons gaan vir die naweek van die 30ste daar lyn nat maak en sal graag by die mense wat weet wil hoor watse tiepe aas en geur en asook watse strop werk die beste daar?

ons gaan op 35,36,37 staan was da om tekyk hoe dit lyk toe wonder ek of mens jou lyne moet diep in vat en hoever?  ek het gesien die ouens aan die oorkant ook redelik naby aan hengelaarsvriend is ?

 
 

medic

New member
ja dis regs van die ingang af, bregoorkant die ablusieblok aan die regterkant...

Enige raad?????
 

Naruto

Sealiner
Dan is ek seker jy hoef nie te diep te gaan nie, want jy is in die spruit se oorspronklike bedding.
 

PEETO

Senior Member
Ek was een keer daar en het in die middel gesit, 'n gereelde besoeker aan die oord het langs ons gekamp, hy het sy lyne op 100 m gegooi gelaai met kaboem mielies en het gereeld karp van oor die 6 kg gevang. By nadere ondersoek vind ons toe uit dat daar 'n Honeyhole (gat soos by die see) is seker deel van die spruit.

Ons het toe ook ons lyne so gehengel en was ook darem gelukkig met 'n paar vis. Hy het ook gese die beste plek om te hengel is heel links, dan neem jy jou  lyn in tot so na as moontlik teen die kop.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ahoi, was verlede jaar daar in die winter, dit saam met Bronkies seker die moeilikste damme waar ek al gevang het.

Ons was net links van die houthuise gewees ;) dips wat mooi gewerk het was almond, sweet strawberry en anniseed.

Die ou wat by die houthuisie was het 'n paar babers in die winter gevang met slangwurmsv (Omtrent 7 kg elk)
 

medic

New member
thanx peeto se my die kaboem was dit op n hair rig soos spesie of was dit op die hoek gehak?

dankie vir al die ander ouens vir die raad, dink jul ook dis nodag vir voerplek maak aangesien die dam sewalle altyd altwee kante gepak is? as ek moet voer wat sal jul aanbeveel, die gewone opgekookte mielie of wat?
 

Freaky Frikkie

New member
Ek vang gereeld net aan die oorkant by N-TVL gronde en Brakenjan is reg, Almond werk altyd mooi veral as die wind so effe waai die dag, dan moet ek ook by se dat ek altyd gelukkig is met Harties 4 mula op die bol en n soet wit degie met n dusk to dawn floaty op elke goek. Ek sit die aas so klein en fyn as moontlik op. As n reel is Roodeplaat moeilik en jy moet werk vir n sak vis maar as jy nie bang is om aktief te hengel nie sal jy jou sak vis kry. Bly maar by jou sagte geure, ek kom agter te veel sterk geure sit die vis maklik af.
 
Top