Hengel kaste

Bruggie

Sealiner
Manne hier is my kas.  ok ek praat bossies. Dit is hoe ek wil hê my kas moet lyk!!
 

Attachments

  • ClubmanDeepSingleDrawer.png
    ClubmanDeepSingleDrawer.png
    79.5 KB · Views: 313

christodeb

Senior Member
Bruggie wrote:
Manne hier is my kas.  ok ek praat bossies. Dit is hoe ek wil hê my kas moet lyk!!
Dit lyk soos een van Dewald vd Waldt se kaste. Dis mo3rse nice! As jy nog een van sy stainless steel stands by dit sit het jy 'n baie baie nice setup!
 

Osie

Senior Member
Wel hier is my setup. My kas het onlangs water gekry en nou het hy geswel onder so dalk binnekort moet ek ook 'n nuwe een koop.

Die kas is so bietjie deurmekaar want ek het kinders saam gehad daai naweek wat ek probeer het om te leer en soos julle sien klein handjies en die kas bly alles behalwe netjies...
 

Attachments

  • _CSC0139.JPG
    _CSC0139.JPG
    45.9 KB · Views: 298

Bottie

Member
Osie, ek smeer my ou boksies met 'n mr. Min of een van daardie Woodoc produkte (dink dis no 6, nie seker nie.), elke keer as ek van die water af kom. Dit help nogal.
 

HennieG

New member
Kom mannie...ons maak die"thread" nie net 'n "brag" thread maar ek is seker daai is nog vele lede wat asseblief moet deel met hul kiekeis. Pragtige kaste sover, maar die lekker is ons almal leer weer by mekaar, eaar is ons provinsiale hengelaars......Brakkies, moenie se jou kamera is nou stukkend nie, kom leen myne.......LMAO
 

Brakkanjan

Senior Member
Yes ou Hennie, ek kom nou net by die huis vir 'n eerste keer, werk en toe oueraand by seuntjie se skool ;)

Jong my "Coffin" asook my "Battlebox" is altwee gewone pine. My een vriend is 'n towenaar met hout en gaan my groot kas mooi afskortings ens. insit.

Vir die naweek se comp oorweeg ek ernstig om net 'n battlebox te neem, maar ek weet nou al ek gaan spyt wees. Sal oor die naweek pics vir jou opsit belowe. Lol my botteltjies is nie eers gemerk nie.
 

Osie

Senior Member
@ Bottie - Ek sal mar dit probeer, hy het in die garage gestaan en toe reen dit in nou lyk dit vir my of hy begin swel en los trek

@Naruto - Waarvoor is die vicks?
 

PI

Senior Member
Waar sit julle, julle katrolle? Ek gebruik my onderste laai vir dit maar begin dink ek sal bietjie moet change.
 

Osie

Senior Member
Het 'n aparte sensation sak wat ek gebruik het vir bas wat ek gebruik vir my katrolle, werk lekker.
 

Naruto

Sealiner
Osie wrote:
@Naruto - Waarvoor is die vicks?
'n Kolletjie Vicks op die bom met bietjie Looti oor werk soos n bom.



My katrolle het ek in n apparte kas saam n paar extra spoele. Ekstra spoele het dikker lyn op as ek dalk wil baber teiken. Ek hou n rol leaders (wat klaar gemaak is met n snap swivel en al) in my laai so as ek afbreuk vervang ek gou gou my leader en hengel verder.
 

Brakkanjan

Senior Member
My kas is deurmekaar na die naweek se hengel, ook gaan ek al die geure nuwe nommers gee en my vriend gaan hout afskortings vir my insit. Hierdie is die boonste laai.
 

Attachments

  • S5002149.JPG
    S5002149.JPG
    46 KB · Views: 251

Brakkanjan

Senior Member
Onderste Laai:

My katrolle kom in die swart plastiek-krat waarin ek my sakkies voer bere. Die katrolle is in sakkies en tussen die voer en my reenjas.
 

Attachments

  • S5002151.JPG
    S5002151.JPG
    52.5 KB · Views: 250
Top