help asb

Skuimkop

Sealiner
Dis maar dieselfde ding maar party ouens verwys na hengel as 'n gesuipery lanks die water en visvang die real maccoy.

Jy kon dalk al gehoor het as jy vir iemand se jy gaan bietjie visvang dat hy jou vra of jy gaan visvang of hengel (bedoelende suip). Dis natuurlik sad dat mense daar buite so mind set het oor ons sport.
 
Skuimkop

Sealiner
Hahaha ek kan dit ook verkeerd om he en inteendeel dink ek jy is reg maar ek steur my nou in elk geval nie daaraan nie want ek weet mos wat ek langs die water doen. lol
 
Naruto

Sealiner
Hengel is ernstig(ek hengel vir n klub). Visvang is social (ek gaan bietjie visvang saam die familie). Die res is wat jy daar van wil maak.
 
potevan

Senior Member
Hengel - ek het nog NIE 'n vis gevang nie.

Visvang - ek is besig om die skubbe af te krap terwyl ek wag dat die vuur reg is.
 
Vleipadda

Senior Member
potevan wrote:
Hengel - ek het nog NIE 'n vis gevang nie.

Visvang - ek is besig om die skubbe af te krap terwyl ek wag dat die vuur reg is.

Sies vir jou oor die jare is die sport so 'n groot knou toegedien dis net nie snaaks nie maar wees net 'n "gentleman" langs die water eks seker met tyd kan die slegte assosiasie met hengelaars verander
 
LeonK

Member
hengel-doen dit vir die ontspanning en as n sport en gedra jou altyd.
visvang - vang vir die pot of om te verkoop en wangedra jou die meeste van die tyd
 
potevan

Senior Member
Vleipadda wrote:
potevan wrote:
Hengel - ek het nog NIE 'n vis gevang nie.

Visvang - ek is besig om die skubbe af te krap terwyl ek wag dat die vuur reg is.

Sies vir jou oor die jare is die sport so 'n groot knou toegedien dis net nie snaaks nie maar wees net 'n "gentleman" langs die water eks seker met tyd kan die slegte assosiasie met hengelaars verander
Ek dink jy verstaan verkeerd...al gehoor van "tong in die kies"?
 
Top