Hallou kerels Ek hengel nou bietjie langer as n

die spook

Senior Member
Hallou kerels

Ek hengel nou bietjie langer as n jaar vir leeries in riviere en getymere. Meer spesifiek die Knysnameer, Kleinbrakrivier en die Breederivier is almal van my gunsteling spots. Sover weet ek dat die tyd van die dag, gety, weer ens. almal faktore is wat bydrae to sukses.

Met Strike Pro poppers het ek al n paar leeries aangekeer, maar my doel is eitnlik om enetjie te vang op n plug soos in die foto wat ek aanheg. My strategie sover was om uit te vind op watter kleur Strike Pro hulle byt en dan my plug daarvolgens te kies. Maar hierdie strategie het glad nie gewerk nie want hulle verkies nog steeds die Strike Pro's.

Moet ek liewer nie die Strike Pro's gooi nie en sommer begin met die plugs? Ek wil ook graag weet hoe mens plugs werk? "Twitch" jy hom soos n Strike Pro? Of katrol jy hom net in soos n lepel? Ek werk hulle gewoonlik teen n medium-vinnige spoed sonder n "twitch".

Ek voel net ek is nog nie n regte leerie hengelaar as ek hulle nie op plugs kan vang nie. Dit lyk ook asof die groter menere almal op plugs gevang word as ek so kyk na die artikels oor leerie hengel in riviere.

Groetnis
 

Attachments

  • myplugs.jpg
    myplugs.jpg
    43.8 KB · Views: 1,656
Ek stem saam aqua. In kleinbrak het ons altyd meeste van ons leeries op die strike pro Tai Stick gevang, asook sebile lures en chug bugs. Klein wit bucktails en goed soos pala pala plastics.

Nooit een ini rivier gevang wat rerig mooi groot is nie, en het hulle onlangs ini see begin target met 3-4 ons chizels soos in jou foto. Wat ek agtergekom het is dat as jy dink jy katrol te vinnig, katrol nog vinniger lol. 'N hele ander ballgame ini see, ma kan tog net so rewarding wees soos in 'n rivier.

Hierdie is my eerste groot leervis wat ek gister oggend op 'n plug aangetree het, seker een vani mees amazingste goed was om te sien hoe hy die plug slaan. Nou soek ek 'n 10kg outjie!!
 

Attachments

  • IMG-20130327-01135.jpg
    IMG-20130327-01135.jpg
    57.9 KB · Views: 1,645

die spook

Senior Member
Hel man dankie dat julle my se. Ek gaan liewer op Strike Pro's en bucktails fokus.

Dis n mooi vis daai Bergie. Geluk! My volgende combo gaan n lekker sterk stok met n koffiemaler en vleglyn wees waarmee ek groter plugs in die see kan gooi.
 

wp34

Sealiner
Soos bo genoem, n nylon plug katrol jy so vining as wat jy kan!! Strike pro's is weer n stadiger retrieve en pause so elke nou en dan. Jy kan hom ook laat "plop" as jy die stokpunt links of regs pluk! As die leerie hom begin jag, katrol in so vining jy kan!! Kyk ook na die nuwe Clone Lures! Hulle werk soos n bom!! www.clonelures.co.za
 

die spook

Senior Member
Hallou wp

Ek het my n paar van daai clones aangeskaf. Het met hulle in Witsand gegooi laas naweek. Maar geen chases gehad nie. Maar die leeries was maar stil oor die algemeen. Moet se hulle gooi nogal lekker!

Stywe lyne...

Spook
 

wp34

Sealiner
Ek het die floating 9cm laasweek gekoop!! Kan nie wag dat die f&^%$*n Suidoos gaan le nie!! Ek hoor die elwe is uiteindelik hier!!!!!!! (Strand)::S
 

xtc

Senior Member
plugs wouldn't be my go to lure for estuary leeries but having said that I certainly wouldn't discount them either - some brutes have been caught on predator plugs at swartkops and I take it breede has its fair share of them as well - throw in some wind, big fish, a need to get a lure a fair distance and you might quickly wish you had something other than strike pro in your lure bag - they just give you another option and well worth a gooi - good luck - hopefully you post some lekke pics
 

die spook

Senior Member
Was vir die paasnaweek in George area. Vandag die suidooste wind getrotseer en laaste paar gooie in die Knysnameer gemaak. Boggerol. Die wind het so gepomp dat ek tandpyn gekry het... En toe gaan vang ek maar m paar cuttlefish. Eish, volgende keer!

XTC, ek het darem nou n lekker verskeidenheid lures. Van bucktails en dropshot tot plugs, strike pro en n storm chug bug. Ek probeer maar nou met verskillende lures tot ek n jaag kry. Dankie vir die raad, sodra ek n 2kg leerie vang laai ek paar kiekies.

Spook
 

Jacquesdw

Senior Member
Hallo Spook
Top waters is lekker om te sien of daar leeries in die omgewing is, maar ek het gevind dat ek die beste sukses kry as ek onder water gaan met n diving floating minnow. Veral as die wind waai, is dit goed om net onder die swell/branders ens te werk. Dit wil se, as daar n chop van 30cm is, werk 30cm onder die water, ens..

Maar leeries kan jou mal maak. Baie keer woel hulle om die kunsaas en sal nooit eers byt nie. Ek dink hulle het baie goeie sig en sien vinnig as daar iets fout is. Vinnige retrieves werk goed maar ek het gevind dat n stadiger retrieve met baie aksie baie keer beter is.

Hier is een waarmee ek 40 leeries laas jaar gevang het en n blacktail. (n Tacklehouse Seabass College, FYI)
 

Attachments

  • IMG_2337.JPG
    IMG_2337.JPG
    63.2 KB · Views: 1,424

die spook

Senior Member
Hiya

wp34 in watter wind byt die elfies daar in strand area die beste? Laasjaar November het ek en n vrind n gooitjie gaan maak by Palmiet en niks gekry. Die middag maak ons n draai by Blakes waar dit windstil was. My vrind kry toe n hele paar op lepel en ek het ook darem enetjie gekry. Vrygelaat om groter te groei.

Jacquedw vreemde vangs daai. Kollie op lepel...

Spook
 

wp34

Sealiner
Spook, ek hengel al amper n jaar lank gladnie meer nie. Elf tyd is van November tot Maart-April in die Kaap. Die Suidoos kan jou van jou voete af waai of gladnie, maak nie saak nie. Het al elwe en leervis in alle toestande gevand. Vroegoggend en net voor son onder beste tyd
 

Blikkiesvis

Sealiner
Jis ek geniet dit om almal se opinies te lees!!!

Ekt 'n teorie oor dit. My eerste grootste leervisse (3-7kg) het ek almal op chiselnose plugs in die Breede gevang. Daarom glo ek nogsteeds aan chiselnose plugs en is dit my "go to" lure. Maw, die lure wat jy die meeste gooi, gaan die grootste kans hê om 'n vis te vang!

Die kleiner leeries like Strike Pros kwaai! Gewoonlik sal ek oorskakel Strike Pros toe as daar niks gebeur op die chisel noses nie. My gunsteling is die lang plat, plain witte, 1/2-3/4oz.

Cheers
 

circa 64

New member
Hi Raggy Man, have a look here, don't know if they are readily available over here.
http://www.peche-leurre-evolution.com/an/catalogue-TACKLE-HOUSE-Seabass-College-60SS,2320.html
 

Jacquesdw

Senior Member
Hi Raggy Man
The Lure Shop, when it was still up and running, stocked them. Green and gold is good colour to have in dirtier water.
Still available locally, look at http://www.basilmanning.co.za/lures/yamaria/yamaria-duplex.html
Vary retrieve with lots of small to big jerks and speeds.
 

die spook

Senior Member
More

Het iemand hier al op n ghost clear Strike Pro Tai of Finesse Walking Stick gevang?

Hoe weet mens wanneer om dit te gebruik?

Dankie

(Sien asb pic onder)
 

Attachments

  • loopstokkies.jpg
    loopstokkies.jpg
    33.6 KB · Views: 808
Top