Hi Reynard,
Ek het net hou been getrek. Kon nie die geleentheid laat verby gaan nie.
Jy kan maklik self uitwerk hoe lank 'n lig op 'n battery sal werk.
Battery se vermoe word in Ah uitgedruk. Dit staan vir Ampere uur. As jy dus 'n 7Ah battery het kan jy in teorie een amp vir 7 uur lank trek, of 7 amp vir 1 uur of 3,5A vir 2 ure. Die ampere maal die tyd gee die battery se kapasiteit.
Dus, as die liggie 0.35Amp vol aan trek, dan is dit 7Ah gedeel deur 0.35A = 20 uur.
So se nou jy kampeer en gebruik die lig 6 ure per aand dan sal die liggie 3 aande werk = 18 uur.
As jy 'n 60Ah battery in jou kar het sal die liggie 60/0.35 = 171 uur werk of 7 dae en nagte aanmekaar of 28 dae teen 6 ure per nag.
Ek kan meer ligte aanmekaar maak maar sal eerder later 'n groter model maak. Jy kan meer as een afsonderlik ook koppel en meer of minder aansit soos dit jou pas. Soos ek gese het ek wag tans vir die kassies om klaar te kom. Die prys gaan R200 per liggie wees.
Omtrent die laaiery. Idiaal wil enige loodsuur battery so gou moontlik na gebruik weer vol gelaai word. Dit verleng die leeftyd van die battery aansienlik. As die battery oor lang tye pap of half pap gelaat word, vind daar kritalisering op die plate plaas wat 'n isolasie effek het en die battery se vermoe word minder.
Daar is battery laaier vervaardigers wat se dat hulle laaiers met 'n frekwensie proses die kristalle kan afbreek maar ek het nog nie een gesien wat dit suksesvol kan doen nie.
Net een opmerking omtrent die prys van my liggies, ek hoor almal snak na hulle asems.
Een van my pelle het 'n boks vol R20 LED liggies gaan koop, elke lig het 18 LED's in. Hy het verlede week vir my gese daar is reeds van die LED's wat nie meer werk nie en dit na net 'n paar uur.
Ek is nie in daardie mark nie. Makro en daai ouens verkoop goedkoop ligte en hulle wil he jy moet elke dan en wan weer 'n nuwe een gaan koop anders het hulle nie omset nie.
As ek aan iemand 'n liggie verkoop het wil ek nooit weer van daai liggie hoor nie behalwe as die persoon nog wil he. Daar is 'n rede waarom sommige goed meer kos as ander en dit gaan oor die kwaliteit en die betroubaarheid. Stel jou voor jy sit in die gopse en jy MOET lig he en daar kalf die lig - dan het jy nou probleme - en dan is ek die vark in die verhaal en wie betaal dan vir die goedkoop.