Hallo to all, Spyker and myself arrived home at 0

Fanie

Sealiner
Hallo Spyker, man het ek nou daai een geniet. Maar solank 'n hoener koop vir as daai brak die dag slaag met die fiets ;-D

Die liggies se leen was 'n groot plesier. Sou darrem sleg wees as julle nie kon sien in die donker nie. Die nuwe liggies is nog nie eers klaar nie, hopelik sal dinge die' week begin gebeur.

101 jy laat my dink aan 'n klein hondtjie ,Jy moet heeltyd dop gehou word om te kyk waar jy droog gemaak het
Jy bedoel seker om te kyk waar jy nat gemaak het. Wel, as hy die dag 'n fiets kry sal dinge dalk verbeter.

Ek hoor jy gaan al weer daar oorkant visvang. Party ouens werk darrem lekker jong. In my volgende lewe wil ek ook so werk.
 
FANIE,Ek gaan die 9 sept daar wees en dan weer die 3 de Okt,sal maar kyk hoe dit gaan.

die trip van die 9 sept is om 'n nuwe fishing gadget te gaan toets.
 

Fanie

Sealiner
om 'n nuwe fishing gadget te gaan toets.
Ja nee wat, enige verskoning is goed genoeg. As ek nie my ou heks belowe het ek sal daai tyd help met die skottelgoed nie het ek myself jou wrintie saamgenooi :-D

Ons beny julle vir die vryheid om sulke trippies te kan maak na sulke gesogte plekke. Maar soos hulle se, elke ou maak sy bed op ne'. Pos die portrette, ten minste SIEN ons Gautengelelengelengers die vis.

Wag net tot EK groot is...
 

Simen

Sealiner
Fanie wrote:
om 'n nuwe fishing gadget te gaan toets.
Ja nee wat, enige verskoning is goed genoeg. As ek nie my ou heks belowe het ek sal daai tyd help met die skottelgoed nie het ek myself jou wrintie saamgenooi :-D

Ons beny julle vir die vryheid om sulke trippies te kan maak na sulke gesogte plekke. Maar soos hulle se, elke ou maak sy bed op ne'. Pos die portrette, ten minste SIEN ons Gautengelelengelengers die vis.

Wag net tot EK groot is...
Jy kan nou maar kerm en kla soos jy wil, en op jou tande kners, en as jy nie tande het nie "supply" ons kosteloos vir jou 'n paar valses, maar volgende jaar gaan jy saam, al beteken dit ons moet jou vrou ontvoer en saamneem sodat jy haar moet kom red. 
 
SIMEN

Jy is reg dis tyd dat ons die man agter die liggies daar kry.

Fanie al gedinjk om een lig te maak wat dalk so 12 liggies in het om groter lig te maak soos vir 'n vertrek of iets??

 
 

Simen

Sealiner
Spyker Kruger wrote:
SIMEN

Jy is reg dis tyd dat ons die man agter die liggies daar kry.

Fanie al gedinjk om een lig te maak wat dalk so 12 liggies in het om groter lig te maak soos vir 'n vertrek of iets??

 

Reg, operasie ontvoering word beplan, ( skielik is Fanie stil). 

Ek wil ook een he om agter in die "canopy" te installeer, en 2 vir die 108 kamp.

Spyker, ons sal moet drasties raak met die man, hy verstaan defnitief nie mooi nie.
 

Fanie

Sealiner
Genugtig Simen, dis 'n briljante plan. Was Saterdag by die bootskou, en na ek al daai mooi poppies daar gesien het kan julle my ou heks maar hou. Dis dan afgespreek. Ek hoor die jongetjies giggel tog alte oulik :-D

Die een skamel geklede meisie wil vir my 'n pamflet van hulle wake board gee. Ek se vir haar nee dankie, ek wake board nie. Sy se vir my, seblief meneer. Ek se vir haar ja ok, maar jy maak dit so' moeilik om 'nee' te se...

Nie seker wat ek met hulle sal doen nie, miskien so bietjie by my pelle gaan spog ;-) Alhoewel, mens kry mos moetie vir enige iets deesdae.

Fanie al gedinjk om een lig te maak wat dalk so 12 liggies in het om groter lig te maak soos vir 'n vertrek of iets??
Daar is een in my sitkamer met 12 liggies in. Skyn 'n parra uit 'n pyp uit. *Sug*... maar soos wat geen motor meganikus 'n rybare voertuig het nie, maak ek mos net goed vir ander mense. Myne hang in boude en blaaie aan draadjies en lyk soos 'n spinnekop se web. Dis my 'demo' weergawe.

Sodra die klein liggies geloots is gaan ek 'n groter een ook maak. Ek sal onthou, moenie komkommer nie.

Omtrent volgende jaar, ek brand om te gaan. Al vang ek net EEN oordentlike shad sal dit die moeite werd wees. Ek gaan liewer nie probeer uitwerk hoe lank terug ek laas sulkes gesien het nie, dis dalk voor ek gebore is as ek soos 'n visserman oorderyf :-o

Ek het bietjie baie ysters in die vuur, geen beloftes, maar ons kyk nader aan die tyd.
 

Simen

Sealiner
Fanie wrote:
He he... ek het die laaste paar posts vir Rina gelees, sy het dit nogal geniet...
Ek sal Rina se adres in die hande moet kry vir my ontvoerings planne, Ek sal Sarah se hulp hier moet inroep, net om seker te maak haar tas is reg gepak.
 

Fanie

Sealiner
Nee jong, sy sal nie wil gaan nie. Sy het al saam met my gaan seil maar dis nie maklik om haar hier weg te kry nie. Al manier is as sy wil gaan inkopies doen. Daar kort mos altyd iets ;-)
 

kaspaas

Sealiner
Fanie wrote:
Nee jong, sy sal nie wil gaan nie. Sy het al saam met my gaan seil maar dis nie maklik om haar hier weg te kry nie. Al manier is as sy wil gaan inkopies doen. Daar kort mos altyd iets ;-)

Fanie my ou vrind. Lyk my onstwee het baie dieselle probleme met die wederhelftes. Myne se eerste vraag, toe ek haar aanvanklik saamgenooi het na Angola, was of daar nice Shopping Malls daar naby is. My grootste fout was om vir haar te veduidelik dat die naaste groot Mall is waarskynlik in Windhoek!! ha ha. End of story!! Sy hou van vis eet maar reken sy kan al haar vis koop. Sy reken ook sy kan baie goedkoper by die huis heeldag op die bank of bed le en boeklees as om allie-pad soontoe te verkas net om dit daar te doen. Ongelukkig kon ek nie met daardie logika verskil nie en is ek gevolglik sonder die liewe "Tannie" Kaspaas soontoe.... story of my life wanneer dit by visvang kom....sug.

By the way, sit my groot seblief op jou bestellingslys vir die eerste besending liggies en chargers. Was baie impressed met die produk. Het jy al daaraan gedink om 'n koplampie ook te prakseer? Die demn goeie produkte op die mark is donners duur en nie noodwendig so goed nie!!!
 

Mev. Spyker

Senior Member
Fanie en Kaspaas, ek voel so jammer vir julle manne regtig, maar kan ek gou iets sê. Daai gevoel wat jy kry as jy jou tackle begin pak, die stokke op die bakkie laai vir see toe en dan praat ek nie eers van daai gevoel as daai groot vis byt en daai blink lyf deur die bander geswem kom nie.  Nou daai selfde gevoel kry die anties as hul in die kar klim mall toe daai pragtige goed in die winkel, en al daai winkel om deur te loop en te kies en keur deur al die winkels (nie soos ons net vir pep het nie), en na daai harde werk gaan sit en koffie en koek eet, julle weet nie hoe lekker gevoel is dit nie, ek het altwee al beleef so, wees die anties genadig vir hulle is dit so lekker soos visvang vir julle manne.  Miskien verstaan julle dit nou.

Ek is so bly ek hou niks van winkels nie, ja as jy my daar insit sal ek ook shop maar het geen drag daarvoor vang liewer 'n vissie saam my man. :fishn:fishn
 

kaspaas

Sealiner
Mev. Spyker wrote:
Fanie en Kaspaas, ek voel so jammer vir julle manne regtig, maar kan ek gou iets sê. Daai gevoel wat jy kry as jy jou tackle begin pak, die stokke op die bakkie laai vir see toe en dan praat ek nie eers van daai gevoel as daai groot vis byt en daai blink lyf deur die bander geswem kom nie.  Nou daai selfde gevoel kry die anties as hul in die kar klim mall toe daai pragtige goed in die winkel, en al daai winkel om deur te loop en te kies en keur deur al die winkels (nie soos ons net vir pep het nie), en na daai harde werk gaan sit en koffie en koek eet, julle weet nie hoe lekker gevoel is dit nie, ek het altwee al beleef so, wees die anties genadig vir hulle is dit so lekker soos visvang vir julle manne.  Miskien verstaan julle dit nou.

Ek is so bly ek hou niks van winkels nie, ja as jy my daar insit sal ek ook shop maar het geen drag daarvoor vang liewer 'n vissie saam my man. :fishn:fishn
Ai, ou Spyker my ou vriend..... ek is bevrees jy gaan pylreguit hel-toe as jy eendag die tydelike met die ewigheid gaan verwissel..... want virseker het jy tans reeds jou Hemel op Aarde!!! ha ha ha^^..^^..^^..^^.. 
 

Fanie

Sealiner
As inkopies soos visvang is dan boer my ou heks by die viswater.

Kaspaas, ten minste hoor jy nie wat jy verkeerd doen as jy alleen visvang nie. Myne sal heel dag en al dag vetel ek moet die' hemp by daai broek dra steek jou hemp in jou broek en moenie dat jou klere nat word nie en hang op daai nat ding dit gaan muf. Ek sal besig wees met die stoei van my lewe met 'n vis dan sal sy se ek moet nou eers daar los en kom eet, ek kan later verder visvang.

Ek sal later as ek meer tyd het kommentaar lewer oor die liggies.

dan praat ek nie eers van daai gevoel as daai groot vis byt en daai blink lyf deur die bander geswem kom nie.
Nee wat, dis niks daai nie. Wag tot jou lyn op een onverklaarbare rede vashaak en die vis sleep jou water toe. Los kan jy nie, dan's die stok weg en dis oneties om hom te laat wegkom. Jy kan nie jou pelle om hulp vra nie want dan hoor jy nooit weer die einde daarvan nie en die dispuut agterna oor wie nou eintlik daai vis gevang het.
DIS nou 'n gevoel daai !
Toe maar, jy maak die haakplek los, rol die lyn uit en weer reg op voor jy daai eerste brander slaan. Daai vis dink sy alie sit aan tafelberg vas. Jy ruk daai vis so vinnig om hy dink steeds hy swem weg dan trap jy hom al daar in die vlak water vas.
 

reynard

Senior Member
Fanie vertel meer oor die liggies watse led's gebruik jy en wat se vorum van krag gaan jy aan sit. N battery of gaan hy op die kar batery gekoppel word
 

Fanie

Sealiner
Haai nee sies man Reynard. Dis mos nou nie al dag wat ons soveel simpatie kry vir die martelaars lewens wat Kaspaas en myself met ons vrouens moet oorleef nie. Wou eers nog bietjie simpatie ontlok het voor ons tegnies begin raak ;-)


Jammer, ek was buite besig.  Ek wil aanbou en ek moes omtrent my siel verkwansel vir die karige bossie bedding wat voor in die pad is.  In ruil daarvoor moet ek nou sommer twee ander beddings maak en nie sommer hier-jy beddings nie.


Volgende post, net gou iets saamstel.
 

reynard

Senior Member
Fanie wrote:
Haai nee sies man Reynard. Dis mos nou nie al dag wat ons soveel simpatie kry vir die martelaars lewens wat Kaspaas en myself met ons vrouens moet oorleef nie. Wou eers nog bietjie simpatie ontlok het voor ons tegnies begin raak ;-)


Jammer, ek was buite besig.  Ek wil aanbou en ek moes omtrent my siel verkwansel vir die karige bossie bedding wat voor in die pad is.  In ruil daarvoor moet ek nou sommer twee ander beddings maak en nie sommer hier-jy beddings nie.


Volgende post, net gou iets saamstel.
Glo my ek is nog nie so lank soos julle saam met my vrou nie maar ek weet hoe moeilik dit om weg te kom. Sy het n probleet as die werk my weg stuur moet nie eers praat van visvang nie. Maar dit wil voor gee of sy die lig begin sien en saam will gaan. Ek speel die troef kaart want as sy se ons doen nie genoeg goed saam nie dan se ek kom ons gaan vang saam vis. Wel dis nou n 50/50 want so elke nou en dan doen ek wat sy will en ander keer dan gaan ons saam vis vang.
 

Fanie

Sealiner
Starled Liggies. Sorry maar ek gaan die tegniese gedeelte in Ingels doen, ek ken nie al die Afrikaanse woorde nie, en ons Afrikaners is mos taal gekultiveerd (of geletterd en tweetalig - of hoe). Onthou net, julle het gevra vir die sales pitch ne' ;-)

Each light unit has three LED's, emitting a total of around 67 lumens at 350mA per LED. The three LED's are connected in series, and the max current is the same for each LED. The amount of light however is three times that of one LED. You thus get three LED's light for the power of one or >200lumens at still about 350mA.

When the design was considered, there were some discussion on the boat design forum about the noise radiation where a series of LED's were driven from a high stepped up voltage. Since inductors are used in these switch mode drivers, rf emissions are inevitable. So it happened that an overly eager person installed a host of these switch mode LED drivers, probably at some cost too, in his boat - and couldn't use some of his equipment when the lights were on. The emissions (harmonics) simply suppressed the signals. This means that a linear driver was the only option to avoid the possibility of this happening, and a (very) little bit of efficiency is lost in the power supply. Be a bugger if you experience GPS problems when using the light for instance...

The circuit uses a pic microprocessor that does the dimming which is set with a potentiometer (pot). When the light is dimmed the current is reduced with a pulse width modulation (PWM) method which is a standard method of dimming these devices. It simply means that 5% to 100% of the power is allowed to power the LED's. The PWM is done at 500Hz, further reducing the possibility of emissions.

Below a 5% pot setting the micro processor switches the LED power off and goes into a power saving mode. The total current consumption is reduced to ~0.1mA or about 100 micro amps. Above 5% setting on the pot, the pic wakes up and perform it's controlling the LED brightness according to the pot's adjustment. This means while the lights are connected to a battery and turned off, they will not drain the battery.

Dimming allows one to keep goggo's (bugs) out of the tent (that or they become less visible), also use less power, and on the boat you can avoid night blindness.

About the LED's -
The manufacturer claims the highest flux (most light for the drawed current) per family in the world (don't they all). These however are not too bad.

Chromaticity is in the 2500 to 3800 Kelvin temperature range, and is close to natural sunlight which makes it possible to read with this light without tiring the eyes, and colours can be distinguished properly ie if you read a map or book or have to work on colour coded wiring. The blue tint is absent from these LED's that is associated with some light emissive LED's, hence the natural colour quality. No UV light is emitted either. You can compare the emissive quality range in the planckian graph here http://en.wikipedia.org/wiki/Chromaticity

These LED's also sport a lambertian radiation pattern, which means it emits light at an even brightness in all directions. You can see more here - http://en.wikipedia.org/wiki/Lambertian_reflectance. It just means the light is evenly bright where it shines and there is no lighter or darker spots.

The expected lifespan of these LED's at 350mA continuous on, is a whopping 100 000 hours, or about 20 years. I'm not big on maintenance and I don't want to fix or replace parts ever. I know the big savers buy the R50 lights at macro every time they go fishing.

Since each light source is small, the LED junction is very bright and blinding to look at. The light enclosure is hence shaped to allow an angle of light, while reflecting the rest into the allowed angle that enhances the brightness. The light, when mounted in a horizontal position allows a person to approach without being blinded.

The lights were designed to be multi purpose. General purpose is for the campers, they use them in their tents or install them in their vehicles or use them at home when eskom doesn't work. They can be permanently fixed or portable. The price per LED light is R200 and excludes shipping.

A bit more special application is for use on boats or when you are going to use your's at the beach night fishing where there is a bigger chance of salt water getting into it. For these apps we conformal coat the electronics (it's a specially designed protection coating for waterproofing electronic circuitry) and the potentiometers are sealed with a dow corning or similar sealant, then conformal coated. Despite this precaution, it does not make the lights submersible, ok. It just makes them a lot more durable and resistant to the effects of salt water. It is a big job and tedious and a pain in the whatsename to conformal coat these LED lights. It also takes two days to cure enough to handle, so I'm ripping you off an extra R20 for the conformal coated ones.

There are polarity protection and some spike and over voltage protection on board. The lights I loaned you have a too low over voltage device in, it will kick at around 15 / 16 V already. It should be around double that, all the electronics can endure an over voltage spike of up to 40V - which is why Mev Spyker and Benny Nuwe Boot Boekwurm should return their lights so I can exchange them for the correct and new lights. The new lights also makes around 20 to 30% more light ok, so worth the postage, it is a notable improvement.

The power supply is any 12V battery. You can run it off your 12V automotive power, boat's 12V or use it portable with a sealed lead acid battery.
The lights will maintain brightness down to 10.5V below which the light will dim, and extinguish at around 8 or 9V. At 10,5V your battery is really flat, like a Toyota Land Cruiser's tyre in a sekelbos :-D He he... daai sekelbos brand darrem net so lekker in jou voet as wat die liggies brand ;-)

The light regulate it's brightness irrespective of if the power supply is 10.5V or more.

If you plug it into 230V mains or drive over it with the bakkie or get it into the boat's prop and it breaks the warranty is void. I have no problem replacing a problem unit but if you bugger it up, it becomes your problem. Any one not happy with what he receives can just return the light in it's original condition and I will refund him, no problem.

On the moment we are awaiting the enclosures before we can finish any. That's basically it.

Any questions - gooi !
 

Fanie

Sealiner
Glo my ek is nog nie so lank soos julle saam met my vrou nie...

Gits, ek weet nie eers wie jou vrou is nie hoe kan ons nou langer saam met haar wees as jy :-o

Om die waarheid te se ek het nie eers geweet ons is saam met haar nie :-D
 

Fanie

Sealiner
O gaats, dit lyk my ek het almal nou afgeskrik.  Lewer gerus kommentaar, kla, beskuldig, kritiseer, laat ek hoor.

Dit is hoe die liggies gaan lyk.  Die rede vir wit is dit reflekteer die lig beter as ander kleure.
 

Attachments

  • Starled2.jpg
    Starled2.jpg
    28.7 KB · Views: 389
Top