HAAIE AANVALLE

Johnybravo

New member
Haai aanvalle

Om te voorkom dat 'n haai u byt, doen die volgende :
Wenk nommer 1 :

Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE. Proe aan die water. As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in die see. Draai om en gaan le onder jou sambreel met 'n drankie.

Wenk nommer 2 :

Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom, is baie goed.

Wenk nommer 3 :

Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek, indien jy 'n haai gewaar. Sodra Hy/Sy bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg.

Wenk nommer 4 :

Luister noukeurig! Elke haai het 'n temalied - As jy die volgende hoor, swem vir jou lewe : '' Da- dam ... Da- dam ... Da- dam ... '' As dit so klink : '' DADAM- DADAM- DADAM '' - Is jy klaar in jou moer.

Wenk nommer 5 :

Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly stil as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval klaar in jou moer in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos 'n maer vark nie. Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly. Om iemand soos 'n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik onaangenaam. Dink aan die kinders en bejaardes en hou op aansit asseblief. JA, Dit is vreeslik erg, maar dis baie traumaties vir die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net stil asseblief. - Daar is nou niks wat jy kan doen nie.


Hoop die 5 wenke kon van hulp wees vir as so iets wel in die toekoms met u sou gebeur.
 
Top