Goeiedag almal In die kiekie aangeheg is n paar

die spook

Senior Member
Goeiedag almal

In die kiekie aangeheg is n paar goedkoop lepeltjies waarmee ek jare gelede sukses behaal het. In my opinie is hulle ideaal vir die beginner, aangesien jy nie n fancy tegniek hoef toe te pas om met hulle te vang nie. Dis gooi en inkatrol... Lekker maklik! En meer belangrik, dit sal jou nie bankrot maak soos die ander grootnaam kunsase nie.

Ek het die volgende spesies op hulle gekry:

Bo links: Tsunami Stinger-Hiermee het ek leervis gevang in Kleinbrakrivier. Het die beste gewerk op die stoot van die water en tydens hoogwater, wanneer die water n mooi groenerige kleur het. Het ook n haarder gevang, maar dit was deur die rug gehaak. Sekerlik n moviese vloek!

Bo regs: Sensation Slice Spoon-Elfies by Blakes agter die swembad.

Onder links: Kingfisher Cutback-Mooi leries gevang op Stilbaai voor die braaiarea. Meestal in donkerbruin water. Die chrome weergawe van hierdie een hoort ook lekker te werk vir Blakes se elfies.

Onder regs: Kingfisher Pro Jet-Hierdie is n meneertjie van n lepel en looi gewoonlik die elfies by Blakes. Hy stof die Sensation Slice lepeltjie sommer lelik uit.

n Lepel waarmee ek baie graag n vissie wil vang is die gewone Toby. Die eienaar van Goodwood Sports het my destyds gese dat dit n baie goeie lepel is vir elfhengel in die Bergrivier. Hy weet van groot elwe wat daarop gevang was.

Hell die somer moet nou vinnig nader kom...

Spook
 
Attachments

  • spooklepels.jpg
    spooklepels.jpg
    13.3 KB · Views: 1,411
I'll vouch for that cut back, yellowtail, bonnies, leeries and shad have hit mine.. They didn't seem to care whether there was prism tape or if it was a halco etc.. I've thrown the one on the bottom right without much success, seems I must gooi it again!
 
rbacht

Sealiner
Bottom right lure throws like a missile! No takes on that one yet. But will use this one a tad more now
 
jb2

Sealiner
Hi Spook

The oomie at Goodwood Sports knows his story and you still can't mess with the Toby.

Medium retrieve speed with a flick of the rod from time to time.

I find if I pull it too fast then it seems to "capsize".
 
die spook

Senior Member
Hi jb2

Ek het bietjie die Toby nagevors. Smaak my daars verskillende make (brands) van Tobys op die mark. Van Abu, Konger, Sensation, tot Bandit en Fish Gear (as ek reg onthou, nie seker van laasgenoemde nie). Sal enige van hierdie werk vir elf? Of is dit hier ook n geval van die duurste is superior en jy kry waarvoor jy betaal?

Groete
 
jb2

Sealiner
die spook wrote:

HI Spook

Die oorspronklike Toby reeks was deur Abu imn Swede gemaak.

Die aksie is doodlik vir elwe. Die aksie van die lure werk op n stadiger retrieve en die lyk nes die gespartel van n beseerde anchovie of glassie.
 
No-Pro

Senior Member
Baie interesant, dankie.
Ek oorweeg om so n bietjie die kunsaas te probeer in die marina by Muizenberg. Omdat ek nog nie weet of dit my tipe van ding is nie, word die aanbeveling van goeie en bekostigbare kunsaas baie waardeer.
 
die spook

Senior Member
Dankie vir die info jb2. Sal beslis jou advies t.o.v. retrieves ens volg.

No-Pro, ek het nog nie baie die marina gehengel nie. Wat wel vir my gewerk het in ander mere/riviere is die goedkoop lepeltjies in die foto heelbo. Verder het ek leeries gekry op Strike Pro Tai Sticks (wit en wit/rooi kombinasie) asook Storm se Flutterstick. O ja, dan het ek al chases gehad op Storm se Chug Bug, die bloue. Voeg n wit plug by, en in my nederige opinie het jy n goeie arsenaal vir enige estuary.

En dan is daar natuurlik die Toby... Meeste van hierdie kunsasies kan jy sommer by die Specialist kry.

Groete
 
die spook

Senior Member
Goeienaand

Het enige van julle al klipvis op kunsaas gekry? Ek het by Blakes so waar as vet n klipvis op die Kingfisher Pro Jet lepeltjie gevang...met die hoekie perfek in die hoek van sy bek nogal. Was so geskok dat ek nie eens n foto geneem het nie.

Spook
 
oomfaan

Op dropshot. Het die 4" jerk minnow van agter af ingesluk en die jighead et netjies in die bo-lip gehaak. Die punt van die minnow se stert het amper by sy kluaka uitgehang.
 
die spook

Senior Member
Hahaha hel oomfaan dit klink soos n toneel uit n horror prent.

Weskus sandhaaie op bucktail (soos bespreek in n ander thread) klink nie nou meer vir my onmoontlik nie.

Elwe tyd in die strand moet nou asb gou aanbreek. Wil probeer om op elke lepel in my sak enetjie te vang.

Groete
 
jb2

Sealiner
die spook wrote:
Goeiedag almal

In die kiekie aangeheg is n paar goedkoop lepeltjies waarmee ek jare gelede sukses behaal het. In my opinie is hulle ideaal vir die beginner, aangesien jy nie n fancy tegniek hoef toe te pas om met hulle te vang nie. Dis gooi en inkatrol... Lekker maklik! En meer belangrik, dit sal jou nie bankrot maak soos die ander grootnaam kunsase nie.

Ek het die volgende spesies op hulle gekry:

Bo links: Tsunami Stinger-Hiermee het ek leervis gevang in Kleinbrakrivier. Het die beste gewerk op die stoot van die water en tydens hoogwater, wanneer die water n mooi groenerige kleur het. Het ook n haarder gevang, maar dit was deur die rug gehaak. Sekerlik n moviese vloek!

Bo regs: Sensation Slice Spoon-Elfies by Blakes agter die swembad.

Onder links: Kingfisher Cutback-Mooi leries gevang op Stilbaai voor die braaiarea. Meestal in donkerbruin water. Die chrome weergawe van hierdie een hoort ook lekker te werk vir Blakes se elfies.

Onder regs: Kingfisher Pro Jet-Hierdie is n meneertjie van n lepel en looi gewoonlik die elfies by Blakes. Hy stof die Sensation Slice lepeltjie sommer lelik uit.

n Lepel waarmee ek baie graag n vissie wil vang is die gewone Toby. Die eienaar van Goodwood Sports het my destyds gese dat dit n baie goeie lepel is vir elfhengel in die Bergrivier. Hy weet van groot elwe wat daarop gevang was.

Hell die somer moet nou vinnig nader kom...

Spook

Hi Spook

Ek het die leerie in Zandvlei gevang op n doodegewone Abu Toby (28g).
 
Attachments

  • leervis.jpg
    leervis.jpg
    103.5 KB · Views: 729

die spook

Senior Member
Hallou JB

Baie geluk man, dis n mooi leer daai. Hoe groot was hy gewees? En het hy lang runs gemaak?

Ek het nog net met plugs en oppervlak poppertjies daar gehengel. Nie gedink hulle sal lepels in daai besoedelde water kon sien. Maar nou weet ek.

Fanks
 
jb2

Sealiner
die spook wrote:
Hallou JB

Baie geluk man, dis n mooi leer daai. Hoe groot was hy gewees? En het hy lang runs gemaak?

Ek het nog net met plugs en oppervlak poppertjies daar gehengel. Nie gedink hulle sal lepels in daai besoedelde water kon sien. Maar nou weet ek.

Fanks

Hi Spook

The water was a bit clearer than usual but still a bit murky.

The leerie could not have been more than about 2kg.s. I started fishing with heavier line after I wasn't able to to get a bigger fish to swim off strongly after a long fight. So the fight was a bit short.

But it just goes to show that a lot of the cheapies work just fine!
 
die spook

Senior Member
Ek kan ook byvoeg dat my hengelmaat sy beste vangs volgens hom, in die vorm van n sole, by struisbaai plaat op daai Kingfisher Jet lepel gemaak het. Dis nou n perd wat seeskillies vang bo kobbies verkies.
 
grootvis

Sealiner
Dr halibut hoffman wrote:
I'll vouch for that cut back, yellowtail, bonnies, leeries and shad have hit mine.. They didn't seem to care whether there was prism tape or if it was a halco etc.. I've thrown the one on the bottom right without much success, seems I must gooi it again!

Wonder what the biggest size is for those cut backs is...they look like they could work quite well....maybe pour a tin one?
 
Mahi mahi

Sealiner
has anyone ever seen or used the Inkoo spinner made by blue fox? I bought a few of them about 20 years back and they worked like a bomb and i caught everything from Leeries, elf, mackerel and bass...... yes Bass!! I have never been able to find them again! If anyone knows where i can buy them locally i would really appreciate it!
 
Attachments

  • imgrc0067559737.jpg
    imgrc0067559737.jpg
    25.3 KB · Views: 221
Top