Gourits junkie
New member
Goeiedag hengel vriende. Ek vra asseblief julle mening oor die volgende. Ek het onlangs (uiteindelik) Braid op my Penn Sargus ll 6000 gesit en hengel tans met ,40 dikte. Ek VERPES egter 'n lang swaar voorslag lyn want, na my mening, gaan die knoop (FG) in die lang duur beslis jou stok se ogies beskadig?
Ek gebruik graag 'n gly-sinker wanneeer ek vir kabeljou hengel en my vraag is of die konvesionele draaispoel op die hooflyn nie die Braid sal beskadig en verswak nie? Sal die gebruik van 'n plastiese sinker "slide" beter werk of is daar 'n ander plan te maak? Ek gebruik 'n stukkie leer as vir die gly-sinker wanneer ek lig hengel (vir steenbras of grunter) maar ek is bang dat dit nie sterk genoeg sal wees vir 'n swaarder 5/6 oz sinker nie.
Deel asb. julle ervaring in die verband.
Groete en stywe lyne.