Gariep se babers.

Skuimkop

Sealiner
Hier is 'n paar Gariep baber foto's wat my vriend gevang het wat daar op Oviston bly. Nou hy is uit en uit 'n Karp man en target net Karps maar ek as ek hom bel en vra hy moet weer net so paar snorre vang en vir my foto's aanstuur target hy hulle en hy vang gereeld mooi size babers. Hy target hulle ook net so voor ek gaan kuier altyd om net 'seker' te maak hulle is reg vir my. lol 

Hy sê hy hak maar net 'n Karp koppie en pos en los die baber stok so eenkant en hy tel nogsteeds mooi babers op. Dus kan ek net dink daar is GROOT Babers in daai water. Ek sal Gariep se Monsters weer target net so voor of na ek Bloemhof Bonanza toe gaan en sal julle op hoogte hou.

Die outjie is 12 kilo's.
 

Attachments

  • Frikkie 12 kg.jpg
    Frikkie 12 kg.jpg
    40.2 KB · Views: 269

Skuimkop

Sealiner
Die een is 12.6 kilo's en was gevang op gekookte eier.
 

Attachments

  • Frikkie 12.6 kg gekookte eier resized.jpg
    Frikkie 12.6 kg gekookte eier resized.jpg
    26 KB · Views: 273

Skuimkop

Sealiner
Sy grootste wat hy al ooit daar gevang het was 'n 33 kilo Monster maar hy het ongelukkig nie 'n foto van die snor nie en hy was boonop met 'n Ugly Stick stokkie gevang.

So ja manne wanneer reël ons 'n baber social by Gariep? Dis amper half pad vir ons almal en net om die draai vir die Vrystaat manne.
 

Fanie

Sealiner
Hi Skuimkop,

Daai ugly sticks het spiere gehad, moenie hulle onderskat nie.

Daar sal natuurlik groot babers in Gariep wees. Die probleem daar is omdat die dam so diep is (ons het ~89m of daar rond op plekke gemeet) is die water so twee duim koud.

Daar is ook min bome en struktuur wat babers van sal hou in die water. Daar is wel 'n klomp eilandjies maar dis net klip.

Ons was in Desember daar, so warm die kraaie gaap en daai koue water. Die koue water maak die babers onaktief en ons het slegs 'n paar van so 6kg gekry, en hulle was in die vlakker water wat warmer in die son geword het. Bygese die dam was baie leeg toe ons daar was. Ons het aansienlik meer sukses in die rivier gehad onderkant die dam, baber, geelvis en modderbek.

Oppas vir daai klippe. Ons het 'n paar keer gedink iemand skiet op ons soos die kippe in die warm son bars en klap.
 

Fanie

Sealiner
Pine met sy klein babertjie.  As jy maar weet hoe ons sukkel om sulke kleintjies te vang, dis net altyd groot en groot en groot babers.

Ten minste is hy tipe van fotogenies.
 

Attachments

  • Gariep3.jpg
    Gariep3.jpg
    43.4 KB · Views: 261

Fanie

Sealiner
Dis hoe leeg die dam was.  Die normale watermerk kan jy aan die regterkant sien.
 

Attachments

  • Gariep4.jpg
    Gariep4.jpg
    31.8 KB · Views: 257

Fanie

Sealiner
Hier kan jy die eilande sien.  Ongeag die vlak van die water daar is altyd wat uitsteek.  Net klippe so vat so dosyn proppe saam as jy wil roekeloos ry daar.
 

Attachments

  • Gariep5.jpg
    Gariep5.jpg
    27.4 KB · Views: 257

Fanie

Sealiner
Bewys dat gariep se babers koud kry, die oe en neus is skoon rooi van die koue.  Lyk soos griep ne'. (Gariep griep)

Mind you kan ook wees omdat hulle te veel drink ! (water... Kan visse roes ?)
 

Attachments

  • Gariep Baber.jpg
    Gariep Baber.jpg
    66.9 KB · Views: 256

KLAASMAN

New member
Hallo Skuimkop.Jou Gariep trippie klink na n lekker plan. Laat weet maar wanneer.
Btw,ek is terug van my Oranje Rivier trippie en besig om n uiteensetting te doen oor trips wat gaan volg.

KLAASMAN
 
Top