Ek het eintlik lanklaas n ordentlike rots en strand program gekyk en glo my ek het daardie episode terdee geniet. Ek kyk gewoonlik VASKAP op top tv maar daar vang hulle meestal net karp en moddervis, nie rerig wat n soutwater man wil kyk nie. Nou nie dat ek kritiseer nie, maar oor die algemeen raak die publiek moeg daarvan om elke week te kyk hoe die aanbieders met van programme met bloedbelope oe dieselfde vis teiken; in Natal is dit couta en natuurlik daai leervis met die kolle, of anders is hulle op eksotiese eilande waar hulle vis vang waarin die gemiddelde kushengelaar glad nie belangstel nie. Asb. manne hou dinge local en lekker! Wel ek gooi maar net my 2 sent in die bord.