[font=Calibri][size=3]Sealine together with Spyker

Simen

Sealiner
Frikster wrote:
Het sealine n bank rekening? Maw sou jy iets wou skenk of so waar sal daardie fondse gehou work.Rede hoekom ek vra is: Volgende jaar met die angola trip maak ons een spot as a raffle beskibaar,kom on se dit kos R50 n kaartjie en dit word getrek en die wenner gaan saam mahala!

Net n gedagte ,dink dit sal nou n lekker storie wees om te vertel:" Diie Angola trip wat ek gewen het vir R50 en daar het ek `63647455 visse gevang etc,etc,et


Wat dink julle?

Beste damn post tussen al die st......... steenbra praatjies wat ek kon uitmaak.

Uitestekende idee, net vir inligting as al die mense ( lede en nie lede) wat reeds belangstelling getoon het, woord hou sal ons genootsaak wees om 2 trips volgende jaar te doen. daar is groot navraag vir een gedurende skool vakansie.

20 mense ( gee of vat een), dan is alles lekker hanteerbaar.

 Fanie ek sukkel om te slaap, Marina en Spyker sal vertel, as ek start, dan start ek en los niemand uit voor almal nie idle nie.

Moenie Marina weggooi nie, sy ly ook aan vroeg opstaan sindroom, skrik net bietjie as jy agter haar in die donker gang praat.

Michele en Spyker weer het tydsberekening vervolmaak, geen sekonde gaan verlore tussen opstaan en ry nie.

Moet egter byvoeg, die lot van ons is nooit laat nie. ( miskien is dit omdat ons vinnige karre het)

 
 
Haai julle almal wat saamgaan..

 

Onthou asb elkeen om 'n shooter glasie saam te bring. Ek dink ons het 10 maar kort dus nog 'n paar. As elkeen 1 bring, dan's daar baie!!

Simen sê "moenie die Jaegermeister vergeet nie!"

'n Ander ding - wil net seker maak julle onthou 'n tupperhouer om daagliks kossies saam te vat strand toe.

 

'n lekker link om na die weer te kyk - dit gee jou 'n idee hoe koud of hoe warm dit daar is - http://www.tombua.com/

 
 

Simen

Sealiner
Ja en nou dat ek wil praat is almal doodstil, of is dit net Saterdag Blues.

Ek pak vandag alles (90%) wat Angola toe moet gaan in hul kratte en gaan my lys finaal deur.

Ek het Vrydag alles klaar gekry wat by die werk en ander plekke nog aandag gekort het.

Net Woensdag en Vrydag komende "site meetings" en dis die week vir my. Donderdag laai ek die vrieskas met al die maag middels by Spyker.

Vandag lewer hulle ook die skape ( darem al geslag) wat moet gaan by my af.

Sarah wil al my sakgeld sny want haar hele huis staan vol hengel en kamp toerusting.

( Maar moenie worry nie ou skat, ek bly lief vir jou)

Het nog so een of 2 katrolle wat bietjie aandag kort dan is alles reg.

Hoe loop dinge aan julle kant.

VERVOER REELINGS.

WIE RY WANNEER EN WIE RY SAAM EN WATTER PAD?

 ::S          (en met watter bakkie, wil net weet hoeveel sleeptoue ek moet laai)   ::S
 

Flip Beukes

Senior Member
Damm Simen dis met n swaar hart wat ek julle reelings sien plaasvind ou maat! wens soooooo ek kon saamgaan
Julle moet dit geniet en sakke vol vis vang!!! sterkte aan al die manne en vroue wat gaan. Next time.....
 

Simen

Sealiner
Flip Beukes wrote:
Damm Simen dis met n swaar hart wat ek julle reelings sien plaasvind ou maat! wens soooooo ek kon saamgaan
Julle moet dit geniet en sakke vol vis vang!!! sterkte aan al die manne en vroue wat gaan. Next time.....

Flip ou maat, lank laas van jou gehoor, geen probleem volgende jaar sit jy links voor.

Stuur bietjie 'n PM dat ek kan hoor hoe die wereld aan jou kant lyk.
 
Ok, I think we've packed everything now!! We are ready to go on this trip.. Please, tell me there's nothing else to pack!!

We drove through the traffic this morning to see if the load would hold.. Seems ok. See pic below of our bakkie.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
 

Attachments

  • bakkie.jpg
    bakkie.jpg
    75.2 KB · Views: 267

Exavier

Senior Member
Haha... die helfte is seker Jagermeister en sleep toue. Julle moet dit geniet en veilig ry. Ons soek klomp fotos en stories as julle terug kom. Ek sit volgende trippie op die pakasie (by die jagermeister).
 

Simen

Sealiner
Exavier wrote:
Haha... die helfte is seker Jagermeister en sleep toue. Julle moet dit geniet en veilig ry. Ons soek klomp fotos en stories as julle terug kom. Ek sit volgende trippie op die pakasie (by die jagermeister).
Jou plek is bespreek. Sal seker maak jy pas Mnr Jagermeister op.
 

Mev. Spyker

Senior Member
Ha ha na aanlyding van post met foto, ek weet nie so lekker ek sien nie die haardroëer daar rond sal moet een waterkan aflaai en plek maak vir droër ha ha ha. Ma dit lyk vir my goed hoor.

Die Kruger Garadge lyk self nie te goed nie, dis net stokke, bedrolle, sinkers en en en dit lyk vreeslik. Nou raak die dae regtig min julle !!!!!!!!!

Ek is bitter onsteld want (Spyker Cruizer) moet vannaand in die nat buite slaap om plek te maak vir al die stokke en katrolle ens wat sy plek opneem vannaand.

Spyker het amper moes buite slaap as gevolg van die storie
 
Mev. Spyker wrote:
Ha ha na aanlyding van post met foto, ek weet nie so lekker ek sien nie die haardroëer daar rond sal moet een waterkan aflaai en plek maak vir droër ha ha ha. Ma dit lyk vir my goed hoor.

Die Kruger Garadge lyk self nie te goed nie, dis net stokke, bedrolle, sinkers en en en dit lyk vreeslik. Nou raak die dae regtig min julle !!!!!!!!!

Ek is bitter onsteld want (Spyker Cruizer) moet vannaand in die nat buite slaap om plek te maak vir al die stokke en katrolle ens wat sy plek opneem vannaand.

Spyker het amper moes buite slaap as gevolg van die storie
Nou moet jy weet nè, daars nie meer plek vir my waks, haardroër, straightener, lemmetjies, make-up of my aandrok nie!! :(


 

Jy kan bly wees dis die garage wat so lyk!! My huis lyk op die oomblik so, my kombuis is vol van hmmm... alles!!

Daars nie eers meer 'n werksblad vir my nie, dis net lepels, vissies, lyn, stokke, kratte en en en..:X

Net 'n WEEK!!

 
 

Simen

Sealiner
:blah:blah  :blah   :blah:blah   :blah:blah

JIS, maar julle kan darem maar kla, mens sal sweer julle sit nie altwee links voor nie.

:swear   :swear  :swear   :swear  :swear  :swear  :swear  :swear

 
 

Mev. Spyker

Senior Member
::S::S::craz::craz::craz::craz::craz::craz:lol:1:lol:1::jest::jest::jest Ag komaan Simen dit is lekker kla daai ons like ook al daai vissies en alles wat die kombuis en motorhuis vol le, al is daar nou  nie 'n ou plekkie vir die haardroë nie ha ha ha

Sarah ek sal jou droë, waks ens saam die vleis in die vrieskas pak niemand hoe te weet. Net tussen ons vrouens
 

Simen

Sealiner
Bymekaar kom plek 1.

Die manne wat by Kamanjab bymekaar kom.

Ons beoog om 09h00 die oggend van die 11de by die garage op Kamanjab te wees.

Dit is nou Spyker, myself, en Leon.

Spyker en Leon ry van Henties af, ek ry van Usakos af. Ons sal mekaar in Uis ontmoet en dan Kamanjab toe ry.

Bymekaar kom plek 2.

Probeer almal om 14h00 op Ruacana bymekaar te kom sodat ons die grens oop kan kry en genoeg tyd het om deur te gaan.

Die idee is om net deur die grens te gaan en daar te slaap. Maandag is net trokke en busse en die dag kan lank raak. Hopelik skip ons dit alles op die Sondag.

Plaas asb jul reisplanne dat ons kan sien waar julle ry en beoog om oor te slaap.

Nou is daar geen naweek slapies meer oor nie, dis nou regtig

MIN TYD.
 

Hannes101

Sealiner
Vrydag Cape town tot Noordoewer 685km
Saterdag Noordoewer tot Tsumeb 1200km
Sondag Tsumeb tot Ruacana 442km

Gedink om dalk eerder saterdag tot op Kamanjab te ry en dan samet die convoy sondag Ruacana....

Cape town tot Ruacana via Kamajab 2237km
Cape town tot Ruacana via Tsumeb 2351km
 

Simen

Sealiner
Hannes101 wrote:
Vrydag Cape town tot Noordoewer 685km
Saterdag Noordoewer tot Tsumeb 1200km
Sondag Tsumeb tot Ruacana 442km

Gedink om dalk eerder saterdag tot op Kamanjab te ry en dan samet die convoy sondag Ruacana....

Cape town tot Ruacana via Kamajab 2237km
Cape town tot Ruacana via Tsumeb 2351km

Hannes Hoekom ry julle nie Saterdag net tot op Otjiwarongo nie, bietjie korter en dan Sondag vroeg tot Kamanjab en ons kry mekaar daar. 230km van Otjiwarongo tot Kamanjab. Van Otjiwarongo tot Tsumeb 185km.

Dan jy julle dag 2 so bietjie minder.

Keuse bly julle s'n

By Kamanjab, sal ek, Spyker, Leon, Wikus, Julle? en dalk Hatto en Deon ook wees. Dan is ons almal omtrent reeds saam

Wag nog vir Hatto/Frikster/Seon/Fishfingers en Aubrey se reisplan. Maar Kamanjab lyk aangewese plek.

 
 
Top