[font=Calibri][size=3]Sealine together with Spyker

kaspaas

Sealiner
Mbotyi_boytjie wrote:
Hi Kaspaas

Die liggies wat fanie vir ons gegee het is meer gepas vir die tent en daar waar ons tackle up ens. Hulle is basies in 'n tube met 'n paar LED liggies binne-in.

Die kom saam met 'n 12V laaiertjies wat ons in ons sigerette aanstekers kan inprob as ook 'n paar 220V ac laaiers.

Al wat ons self voor moet voorsien is 'n herlaaibare 12V 7amp/h battery.

Ek sal traai fotos neem die naweek en hulle post, as ook fotos van hoe die batterye lyk. Hulle kos so R100 per battery.

Fanie, sterkte met die lang pad - baie korter as ons s'n, maar met n landy....he he. Maak daai visse se bekke behoorlik seer!

Thanks, dis omtrent een van die laaste dinge wat ek nog sal moet aanskaf.

Wag nog met ingehoue asem op 'n oproep van die Angolese Konsulaat om te laat weet ons Visa's het gekom. O ja, ek moet natuurlik my Apteek voorraad opmaak (brille, pille en dop) he he 
 
Krisis

New member
Donderdag middag ry vanaf Pearston, Oos- Kaap tot in Henties 2100km (as paspoorte en Spyker se klomp parcells al gekom het) :cool:

Saterdag katrolle toets dan daarvan af agter die "baas" Spyker!!!!!

::S::S::S::S::S::S::S::S::S::S
 
Krisis

New member
Terloops my skoonpa het gister aand vir my gesê dat ons "mannetjies" te bang is vir ry deesdae. Hy sê dat hulle toe hulle jonger was net vir 'n dans vanaf Beaufort na Oudtshoorn toe gery het vir 'n dans en dan die selfde aand, of oggend ure altans weer terug gery het. (± 200km). Ek wag nogsteeds vir die antwoord op die vraag wat ek hom gevra het: of hy al Angola toe gery het om vis te vang::respekt:::respekt:::respekt:
::tclaph::tclaph::tclaph
 
Mev. Spyker

Senior Member
Loomisx5 wrote:
Ek kyk net na die afstand wat julle moet ry Hannes en ek is al klaar kar siek.
Ai as jy weet wat voor wag maak die afstand nie saak. Zander raak regtig so kar siek ons sukkel ons op met hom hy wil dood as ons ry kry die seun so jammer.
 
Mbotyi_boytjie

Senior Member
Hi Almal

Ek was saterdag by die polisie stasie en hulle het niks geweet van n "police clearance" vir my voertuig as ook selfoon en camera. Toe se hulle ek moet net n affidavid invul wat se al die electroniese goedjies behoort aan my.

Wat het julle ander SA manne gedoen en waar? Ek's in JHB!
 
Sailfish

Sealiner
Mev. Spyker wrote:

Daars een ding wat 90% mense help wat karsiek raak!!!! Die manne gaan vir my lag as ek dit hier noem. Probeer dit gerus. PM send.
 
Loligo

Member
Kar siek ?

Ek het gesien dat die mense 'n ketting laat hang van die towbar tot op die grond. Hulle glo vas dat dit werk tee karsiek !!!!
 
Simen

Sealiner
Mbotyi_boytjie wrote:
Hi Almal

Ek was saterdag by die polisie stasie en hulle het niks geweet van n "police clearance" vir my voertuig as ook selfoon en camera. Toe se hulle ek moet net n affidavid invul wat se al die electroniese goedjies behoort aan my.

Wat het julle ander SA manne gedoen en waar? Ek's in JHB!

Die vorm wat jy moet he, het ek laas in Brits gekry, sommer vir hom gewag Hulle kyk op die rekenaar na jou enjin en onderstel nommer van die kar of dit nie as gesteel aangemeld is nie.

vorm no  SAP 263

Request for vehicle clearance.

Die affidavit is reg vir die kamera ens.
 
Ek het nou soooo gedink nè...vvidevb (ek weet dis gevaarlik!)

Miskien moet ons almal vir die eerste aand inniebos, dalkies net 'n papierbord saamneem want dis bietjie moeilik om skottelgoed te was in die veld. So, as elke ou vir homself 1 bordjie saamneem, sal dit dinge heelwat vergemaklik!!

Sê maar as julle nie saamstem nie..;)
 
Mev. Spyker

Senior Member
Mbotyi_boytjie wrote:
Hi Almal

Ek was saterdag by die polisie stasie en hulle het niks geweet van n "police clearance" vir my voertuig as ook selfoon en camera. Toe se hulle ek moet net n affidavid invul wat se al die electroniese goedjies behoort aan my.

Wat het julle ander SA manne gedoen en waar? Ek's in JHB!

Hi, jy moet asseblief nie sonder jou polisie clearence vir jou voertuig kom nie, jy MOETTTT dit he, en al jou kar papiere asseblief hulle sal jou sonder dit nie deur laat.

M
 
Mev. Spyker

Senior Member
Sailfish wrote:
Mev. Spyker wrote:
Loomisx5 wrote:
Ek kyk net na die afstand wat julle moet ry Hannes en ek is al klaar kar siek.
Ai as jy weet wat voor wag maak die afstand nie saak. Zander raak regtig so kar siek ons sukkel ons op met hom hy wil dood as ons ry kry die seun so jammer.
Daars een ding wat 90% mense help wat karsiek raak!!!! Die manne gaan vir my lag as ek dit hier noem. Probeer dit gerus. PM send.
Luister ek dink nie dis snaaks, ek dink dit kan werk soos 'n bom hoor, gaan dit probeer glo my
 
Mev. Spyker

Senior Member
Loomisx5 wrote:
Ek het al gehoor jy plak n plyster op die een oor vir karsiek. Dit het glo iets met balans te doen.
Ag baie dankie vir al julle raad gaan dit regtig probeer sal laat weet wie se raad het die beste gewerk dankie !!!!
 
Mev. Spyker

Senior Member
Jinne julle ouens, ek het vandag die kos gaan aankoop, mense julle gaan darm eet hoor ek sê nou vir julle. Julle wil nie weet hoe lyk ons kombuis vannaand nie, kêrels dis iets vreesliks dit begin voel nou regtig so ry tyd.

Julle almal moet asseblief baie voorspoedig ry en sien julle van Vrydag af. Die tyd het nou aangebreek.

Mev. Spyker
 
Top