Plat stywe lem . 20 cm lank , en
skerp skerp skerp !! Die messe met die ronde punte verhoed dat jy dwarsdeur die snoek se vel sny soos met skerp punte . As van beter staal gemaak is wat nie gou stomp word nie ,help baie as so 100 plus op n slag moet vlek . En hou maar jou vingers dop , dit word soms n bloederige storie en dis nie vis bloed nie .
Hou daai mes egter met Arendsoe dop !! Almal wil hom HE !!
Geheim is om lang aanmekaar snitte te maak van een punt tot by die ander punt . Karring laat daai snoek lyk of hy deur n vleismeul is, dan wil niemand hom he nie !Die plat lem help om daai lang reguit snitte te maak .
Dit help as iemand jou stap vir stap wys presies hoe om dit te doen . Net staan en kyk en dit dan gaan doen is nie so maklik nie !Maak vrede daarmee dat jy ten minste een of twee gaan verwoes voor jy dit regkry .Met die kop aan is die kop deffinitief die moeilikste , n snoek is nie n snoek sonder sy gevlekte kop nie . Daai ou bulle van 5 kg + se koppe is kliphard en wil gesny wees . Is dan ook net waar die meeste ongelukke gebeur ! Die kiewe moet ook op presies die regte plekke los gesny word , dan kom hulle maklik uit . Om hulle met die hand elke keer uit te trek is n stekerige besigheid en na n paar snoeke hou jou hande nie .
Die stukkie vis net op die sement onder die snoek help ook baie . Snoeke kan baie glad word van die bloed , slym en binnegoed . Om n Snoek te vlek wat nie wil stil le nie is n ander storie .
Ander belangrike punt is om snoek se nek so gou as moontlik te breek net na jy hom gevang het . Snoeke wat op die dek le en stuipe kry is gevaarlik en maak gewoonlik al wat n lyn is in 1 hengse hekelwerk ! Dis te se as jy nie n stang se hoek in jou been het teen daai tyd nie . Knuppels is twak en gemaak vir mense wat bang is vir die visse . Swaai hom onder jou blad en breek sy nek op die regte manier , dit sal keer dat hy vanaand by die huis een groot pap snoek is !!!As hy val kry hom so vinnig as moontlik in die hande sonder om op hom te trap . Druk jou duim en wysvinger in sy oe ,hy gaan hulle nie weer gebruik nie, en tel hom so op .
Gepraat van oe , as een van die snoek se tande jou dalk vang op jou vingers wat heel waarskynlik gaan gebeur . Haal een van die visse se oe uit en smeer die oog vog aan die plek , dit help vir die bloeding en dalk branderigheid .Daar is nie tyd vir gesiggie pleisters daai tyd met die skool onder die boot nie .
Indien jy nie kommersiele permit het nie , hou tog maar by die 10 visse wat jy mag vang per persoon met gewone lisensie . Ons wil hulle nog lank mag vang ,mooi gevra ! Gewoonlik neem die koors baie vinnig oor as hulle lekker byt !
Stuur paar van daai visse noord !!!!!
Doggies