Naruto wrote:
Wel, ek gooi n P5 150m met hierdie tegniek. En dis op n rugbyveld gemeet, nie op oop water met n line-mate met n boog in die lyn nie. Dis belangrik om die regte stok met die regte gewig(van die totale strop met bol ens)en lyn te kombineer ook.
Ek kan ook oor my kop gooi en het al gemeet met 'n line mate dan kry ek met 'n P3 136m met my alivio's voor ek low riders laat fit het. Ons haal eers die boog uit die lyn uit. Sodra jou strop die water slaan katrol jy totdat die lyn styf is. Dan sit jy die linemate op en katrol. Op die manier weet jy akkuraat hoe ver jy gooi. Die probleem is dat jy nie kan meet net met 'n skoon gewig nie. Jy moet met aas aan gooi. Die bol het redelik weerstand deur die lug. Oor jou kop kan ek nie sien dat jy meer as 130m met bol op kan gooi nie. Onthou daar is 'n groot verskil tusses spesie en konvensioneel.
Die video is beslis nie konvensioneel nie, daai stroppe is baie swaarder as ons konvensionele stroppe met bolle en hulle gebruik ook meestal braid.