Flamingo Lodge 2019

mongie

Senior Member
So begin ons trip na Flamingo Lodge Angola toe op die 3 Mei 2019. Ons vertrek die oggend om 06;00 vanaf Durbanville na Vioolsdrift toe met een tenk diesel ....Ons is 4 manne by mekaar. Petrus Mongie, Gerhard Blomerus. Nico Basson en Enrico du Toit.Ons ry tot by Klawer en eet 'n lekker ontbyt in die Wimpy. Daarna vertrek ons na die grenspos. By die grenspos ondervind ons geen problem nie en almal is vriendelik en behulpsaam
By Namibie se kant moes ons R 504 pad belasting betaal vir die 4x4 en die trailer wat ons sleep. Ons stop toe by Noordoewer en maak die Toyota D/C weer vol dielsel teen R 13.85. SA diesel R 16.03.
Ons ry tot Grunau Country Hotel en oornag daar.Saterdag oggend ry ons toe verder tot by Mariental en stop by die Engen garage .Maak die bakkie weer vol en eet sommer weer 'n ontbyt by die Wimpy.Ons ry toe verder na Okahandja en oornag by ons vriend Erns Kohne........
Sondag oggend vertrek ons en maak weer die bakkie vol op Otjiwarongo en ry tot by Angola se grens pos.Hier moet ons vir 'n runner R 300 betaal........ .Hy sorg dat die papier werk gou gedoen word.Dan hoef jy nie in 'n ry te staan nie .Ons paspoorte word gou gestempel en ons Geelkoors sertifikate word na gegaan. Hier ontmoet ons die ander mense van die groep wat saam gaan ry na Angola toe........ Dis Sondag middag om 16;00 en daar gaan die krag toe af.Ons moes toe 2 ure sit en wag voordat die krag weer aan gegaan het. .Pad belasting is R 217 per voertuig. Ons ruil sommer R 3000 om vir 90000 Kwanzas. By Santa Clara grenspos in Angola is n Shell garage. Ons maak weer die bakkie vol teen R4.50 'n liter.Ons ry toe weer verder en oornag in die veld. Ons steek 'n vuur aan en braai 'n vleisie en wors oor die kole.
Die volgende dag toe ry ons verder en kom die Maandag aand by Flamingo Lodge aan.Daar het ons toe tent op geslaan en gaan slaap. Almal is lekker moeg .
Die volgende dag het ons alles uit gepak en kamp op geslaan.Die visstokke was vol stof al was dit in pype toe gemaak. .Neem jou eie gebottelde water saam .Jy sal siek word as jy Angola se water drink.
Ons het toe lekker gekamp en lekker vis gevang oor die volgende 10 dae.Ons het nie baie groot visse gekry nie maar baie kleintjies.Onthou Junie en Julie is die peak seisoen vir Angola.
Rico Sakko is die eienaar van die Lodge.Die aas wat ons gebruik het was wit mossels, kreefsterte,tjokka, seekat poot, pink prawns, harders Sardanellas.Baie bloed in. Spinning stokke 11vt. vir die Leervisse en die elwe. 2-3 ons chiselnose plugs silver lepels het goed gewerk. Ons het ook baie sinkers verloor. Die haaie was nie volop nie.Die fotos sal volg.
By die groot kremartart boom in Angola staan van links na regs. Gerhard, Nico, Enrico en Petrus.
 

Attachments

  • 074.JPG
    074.JPG
    38.8 KB · Views: 395

mongie

Senior Member
Hier is sit ons by 'n Russiese tenk wat tydens die Bos oorlog agter gelaat is, en beskadig is in 1989.
 

Attachments

  • 090.JPG
    090.JPG
    68.5 KB · Views: 309

mongie

Senior Member
Die bekende stand beeld van Jesus Christus in Labongo Angola.
 

Attachments

  • 114.JPG
    114.JPG
    15.8 KB · Views: 306

mongie

Senior Member
Die bekende Leba berg pas in Angola en jy sak 'n hele 500. meter af bo see spieel in Angola.
 

Attachments

  • 121.JPG
    121.JPG
    61.6 KB · Views: 307

mongie

Senior Member
Hier is ons by 'n Puma vul stasie in Angola .Diesel kos on geveer R4.50 per liter.Vergelyking met S.A. se diesel prys van R 16.03. 160 Kwanza is gelyk staande aan R 5.33. en 135 Kwanzas is R 4.50 .
 

Attachments

  • DSCF5614.JPG
    DSCF5614.JPG
    25.8 KB · Views: 304

mongie

Senior Member
Na 4 dae se ry is ons amper by ons bestemming. Nou vir die laaste stuk droe rivier sand pad na Flamingo Lodge toe in Angola.
 

Attachments

  • 66287119_2301266323282387_1088377668090462208_o.jpg
    66287119_2301266323282387_1088377668090462208_o.jpg
    34.2 KB · Views: 303

mongie

Senior Member
By ons bestemming Flamingo Lodge Angola.Daardie huisies kos R2000 per aand.
 

Attachments

  • DSCF5759.JPG
    DSCF5759.JPG
    30.4 KB · Views: 306

mongie

Senior Member
Nou ja laat ons die vis waters toets van Angola.Hier vang ek my eerste Kolstert ( Black tail) .
 

Attachments

  • IMG_1495.JPG
    IMG_1495.JPG
    33.9 KB · Views: 299

mongie

Senior Member
My eerste springer van 40 cm wat ek gevang het.
 

Attachments

  • 60707885_2220096414732712_8940336887504044032_o.jpg
    60707885_2220096414732712_8940336887504044032_o.jpg
    29.2 KB · Views: 299

mongie

Senior Member
My eerste elf ( Shad )
 

Attachments

  • 60674173_2220092064733147_8747043043988733952_o.jpg
    60674173_2220092064733147_8747043043988733952_o.jpg
    22.5 KB · Views: 296

mongie

Senior Member
My eerste Black chin sandhaai (sand shark ) van 7 kg.wat ek gevang het.
 

Attachments

  • 20190508_131523.jpg
    20190508_131523.jpg
    25.7 KB · Views: 297

mongie

Senior Member
Gerhard met sy Black chin sandhaai (sand shark ) van 9 kg.
 

Attachments

  • 20190508_135631.jpg
    20190508_135631.jpg
    26 KB · Views: 297

mongie

Senior Member
Nico met sy eerste Belman.Kyk die mooi lyne op die vis.
 

Attachments

  • 20190510_110607.jpg
    20190510_110607.jpg
    35.1 KB · Views: 296

mongie

Senior Member
Tommie met sy groot Elf (Shad ). Eintlik 'n twaalf.
 

Attachments

  • 60576099_10216757071051820_4184960156913631232_n.jpg
    60576099_10216757071051820_4184960156913631232_n.jpg
    29.1 KB · Views: 291

mongie

Senior Member
Jacques met sy groot Kabeljou.
 

Attachments

  • 66466464_2301265409949145_7169549762880864256_o.jpg
    66466464_2301265409949145_7169549762880864256_o.jpg
    41.9 KB · Views: 290
Top