Ek het al veskeie babers gesien waarvan die kop buite verhouding met die lyf gegroei het, dit is nie normaal nie maar 'n afwyking. Dit maak dit natuurlik nie 'n onwettige vangs nie.
As die lyf wel in verhouding was met die kop dan sou dit een van daardie treine gewees het, dink vir jouself hoeveel meer swemkrag so 'n baie groter lyf sal he. Die baber soos daardie een het natuurlik 'n 'handicap' - klein lyfie met 'n groot kop, amper soos 'n groot voertuig met 'n te klein enjin.
Ek het al 'n paar sulke en groter babers gesien waarvan die lyf en kop in verhouding was - monsters om die minste te se.
Nog net een keer die voorreg gehad om so baie groot baber aan te he, so 15 meter van my 130lb dacron afgestroop sonder om enigsinds spoed te verloor, dwars begin swem, en toe is die loodkop los. Hou in gedagte dat ek so 12 tot 15kg baber se tjank in 2m ver swem vir hom aftrap dan kom hy uit.
Ek het agterna besef die baber het net die loodlop in sy bek vasgebyt, die hoek is nooit geset nie. Die baber was waarskynlik oor die 2m lank, nooit gesien nie maar in die water gevoel toe dit oor my voete gegly het.
Te oordeel aan die omtrek sou ek moontlik met my arms net om die lyf kon vat as ek in ag neem die skuur teen my been was op die voet tot net onder die knieg.