FACEBOOK FOTO

Zoompoep

New member
Ek weet nie of die volgende waar is nie maar as dit is , is dit n dik baber sien hy is 30.5kg oranje rivier Rudi Smit

kan ek nie maar so oupa vang nie
 

Attachments

  • 319123_110640005710957_100002948756023_76650_1634302012_n.jpg
    319123_110640005710957_100002948756023_76650_1634302012_n.jpg
    31.2 KB · Views: 517

AYOBA!

Sealiner
lyk vir my of die baber naby die kamera gehou is? groot babers lyk nie meer soos 'n tadpole nie? of het ek dit verkeerd om?
 

Zoompoep

New member
Ek sal nie weet nie ek het nog nie so groot baber gevang nie, maar sy kop lyk bietjie groot vir sy lyf kom ons hoor wat se die kenners?
 

Cheetha FS

Sealiner
Dit lyk vir my na n baie geldige gewig vir die snor. Veral as n mens na die finne langs die kop kyk. My grootste is net so effe na 28kg en hy het ook n kop gehaad wat baie mense sal bang maak. Babers wat in riviere se form is ook meeste van die tyd anders as babers in damme.
 

FRITZABU

Sealiner
Rivier Baber het altyd groter kop ,in verhouding tot sy lyf.As 'n dam Baber.

Dit kom ook voor in die karp ook. Rivier karp meestal langer en skraler as 'n dam karp .
 

ants

Sealiner
Laat die volgende ou n 20kg baber vat, en dan reguit voor jou uitstrek. Hy sal nog steeds nie so lyk op n foto nie.

 

Hierdie is n grooooot baber. Well done to the angler!!:wfish
 

Skuimkop

Sealiner
Nee ek stem die is 'n moerse baber daai en soos genoem is, is die Oranje babers se koppe ook groot in verhouding teenoor hul lywwe. So well done aan die hengelaar.

Ek hoop net daai bul swem weer in die Oranje om daai genes daar te hou en 'n ander hengelaar 'n vuil broek te besorg, lol.
 

Fanie

Sealiner
Ek het al veskeie babers gesien waarvan die kop buite verhouding met die lyf gegroei het, dit is nie normaal nie maar 'n afwyking. Dit maak dit natuurlik nie 'n onwettige vangs nie.

As die lyf wel in verhouding was met die kop dan sou dit een van daardie treine gewees het, dink vir jouself hoeveel meer swemkrag so 'n baie groter lyf sal he. Die baber soos daardie een het natuurlik 'n 'handicap' - klein lyfie met 'n groot kop, amper soos 'n groot voertuig met 'n te klein enjin.

Ek het al 'n paar sulke en groter babers gesien waarvan die lyf en kop in verhouding was - monsters om die minste te se.

Nog net een keer die voorreg gehad om so baie groot baber aan te he, so 15 meter van my 130lb dacron afgestroop sonder om enigsinds spoed te verloor, dwars begin swem, en toe is die loodkop los. Hou in gedagte dat ek so 12 tot 15kg baber se tjank in 2m ver swem vir hom aftrap dan kom hy uit.

Ek het agterna besef die baber het net die loodlop in sy bek vasgebyt, die hoek is nooit geset nie. Die baber was waarskynlik oor die 2m lank, nooit gesien nie maar in die water gevoel toe dit oor my voete gegly het.

Te oordeel aan die omtrek sou ek moontlik met my arms net om die lyf kon vat as ek in ag neem die skuur teen my been was op die voet tot net onder die knieg.
 

kleinkaas

New member
DAAI IS 'N MOOI BARBER.

Ons probeer gereeld in die oranje om die 20+kg snorre te vang. My p\b staan op 28kg en glo my die ding vat soos 'n trein. See stok en 'n penn49 gelaai met 20kg lyn en ,n snoek houk(no14) met staal strop doen die ding.

Onderbek helfte vir aas wat plat getrap is , is onweerstaanbaar vir die snorre. Wil oor so week of wat weer gaan soek en kyk wat loop.

Die foto is n vriend van my met sy 38kg barbertjie, gevang in die Oranje

lekker week

Kleinkaas



=
::S
 

Attachments

  • blouputz 006.JPG
    blouputz 006.JPG
    44 KB · Views: 221

Skuimkop

Sealiner
FRITZABU wrote:
Nice snor van jou vriend, kleinkaas

Nou wanneer kan ek uit nodiging kry om daar te kom vis ???
Fritzabu jy sal agter in die ry moet val want ek probeer nou al so maand of wat om reg te kom by Kleinkaas, lol. Het darem al 'n bier of ses saam met hom genuttig so dit kan dalk in die nabye toekoms wel gebeur. :lol:1
 

Fanie

Sealiner
Vat nou die onderste foto se lyf en maak hom in dieselfde verhouding groter om by die boonste baber se kop te pas.
Dan lyk die boonste baber bietjie anders ne' !
 

FRITZABU

Sealiner
Skuimkop wrote:
FRITZABU wrote:
Nice snor van jou vriend, kleinkaas

Nou wanneer kan ek uit nodiging kry om daar te kom vis ???
Fritzabu jy sal agter in die ry moet val want ek probeer nou al so maand of wat om reg te kom by Kleinkaas, lol. Het darem al 'n bier of ses saam met hom genuttig so dit kan dalk in die nabye toekoms wel gebeur. :lol:1

Ha Ha ons kan dit sommer saam dalk doen en ek kan hom met tackle bribe ??
 

kleinkaas

New member
Skuimkop: Gewonder of dit die selfde man is!!!
Die Cape town ding het my bietjie gegooi.

Die plek waar ons gewoontlik vang het so verspoel dat dit sukkel om daar te kom na die laaste 2 vloede. Maar waar 'n wil is is 'n weg.Man kan mos maar plan maak vir iewera anders?.

Fritzabu: Moet my net nie tackle nie!!!!! enkels en kniee al lekker op van tackles en val, LOL

Kom ons kyk wat gedoen kan word en julle maak 'n dubblecab vol en ons beplan n ding. Hennie kan seker ook saam kom?:fishn

Julle moet net die weer in gedagte hou. Dit raak maar erg warm daar lang die revier, Hoe warmer hoe meer bier moet saam en daai kan op sig self n bakkie vrag raak>::S

Mooi loop en loop mooi
 

FRITZABU

Sealiner
Nee wat ek te lig om iemand te tackle. Is dit Hennie Moller van Pta ? As dit hy is ,skuld hy my al 'n trip vir 20 jaar !!
 
Top