Erfenis babers?

Skuimkop

Sealiner
Dagse manne.

Ek oorweeg sterk om na Erfenis te gaan voor die Bloemhof Bonanza om daai snorre daar die stryd aan te se. Vir die fun of it en sommer om in die 'mood' te kom vir die Bonanza.

Ek verneem daar is groot tekkie bekke daar. Is dit so en wat het julle manne al gehoor en gesien wat daar uitkom. Enige foto's dalk? Daar is glo ook 'n klein huisie vol van die baboers.
 

kitefisher

Sealiner
Skuimkop

Erfenis is alombekend as n ''stadige''dam,daar word wel goeie vangste gemaak deur ouens wat ure insit en heelwat karp en soms mooi geelvis vang wanneer lyne ingeroei word .Ek het al gerugte gehoor van groot snorre ,maar dit was naby die inlope (Groot-Vet en Klein-Vet-riviere) en was dit ook meestal deur die Ligte gerei-boot manne. Het al gerugte gehoor van ''plate'' babers die op kompetisie dag nadat hulle die vorige dag gaan voer het met onder andere dag-oud enander lok-middels.

Die inlope(daars twee) kan egter net met n boot bereik word en is so 10-12 kilometer vanaf die damwal redelik na aan die Winburg- Bloemfontein Tolpad. As jy Erfenis Google-Earth en jy volg die pad vanaf die hek direk na die water is die area links van die slipway so ver as wat jy kan ry totdat n draad jou keer gewoonlik die beste,maar selfs dan moet jy blykbaar n goeie 250-300m inroei om daardie sy-tak-inloop se rivier-''channel'' te bereik.

Die area reg voor die damwal moet ook relatief diep wees as mens na die helling van die land kyk,maar is daar waarskynlik baie onderwater-klippe noudat die dam redelik vol is.

Sterkte ,hoop dit help.
 

Skuimkop

Sealiner
Nee dit doen verseker, dankie. Ek het 'n inflatable en trol motor so die invat is nie te groot pyn nie. Die stadig pla my ook nie wat ek is dan mos op vakansie. hahaha.

Kitefisher ek sien so Noord-oos van die damwal af op Google earth is daar 'n resort. Is dit die plek waarvan jy praat en het jy vir my groot asb kontak info van die plek of enige ander resort/kamp/bly plek by Erfenis?
 

kitefisher

Sealiner
Skuimkop

Op my google earth wys dit die karavaan park en n tente dorp,ek dink beide is redelik rumours op hierdie stadium.Meeste ouens wat ek ken kamp sommer reg langs die water by hulle stokke,daar is ablusie geriewe maar kan geen oordeel daaroor uitspreek nie.Doen dalk eers navraag as daar dames in jul geselskap gaan wees,hulle voel meestal sterker oor die goedjies as mans.Dit behoort ook nie duur te wees om daar te kamp nie,want daar is niks nie,veral nie skaduwee nie.daar mag dalk n kragpunt of twee wees vir jou battery charger voor jy Bloemhof toe gaan.

n Voormalige natuurbewaarder daar is n goeie vriend van my en kan jy hom dalk skakel vir die nommer van die aangewese persoon daar by Erfenis,Hy is Johan Hardy en sy nommer is 0832312sewe68. se maar Allan het gese jy moet hom bel.

Hoef jou nie te vertel dat die nagte begin koeler raak hier in die Vrystaat nie en oor n maand ,langs die water kan jy meer as n drimac nodig he.

net so terloops,hoeveel  mense in jou groep.
 

Skuimkop

Sealiner
net so terloops,hoeveel  mense in jou groep.

Jong Kitefisher jy gaan nou of groot skrik of jou pap lag maar vir Die Hoek of Erfenis is dit ek en die tekkie bekke. Jip stok siel alleen. Ek bargin maar daarop dat daar ander mense ook sal wees by Erfenis as iets daar met my sou gebeur aangesien dit Paas naweek is. Dis seker nie te onveilig daar nie of hoe.

Ek verkies eintlik om Die Hoek te target maar soos genoem gaan hulle dalk nie hulle karavane in tyd reg he na die vloede nie.
 

Basspro

Senior Member
Afrikaans is maar 'n ander taal jong - ek is Engels spreukend en lees so af en toe julle posts ... ek leer maar soos dit gepost word....

Ek laaik die gesegde van Skuimkop: "om daai snorre daar die stryd aan te se."

Ya nee ek praat afrikaans ook maar die help baie om te lees !!!

Geniet die hengel Skuim !!!
 

Skuimkop

Sealiner
Afrikaans is maar 'n ander taal jong

Bass as jy nou lekker wil lag vannaand lees bietjie deur die WORD dok wat ek vir jou gaan laai.
 

Attachments

  • Snaakse Afrikaans.doc
    47 KB · Views: 15
Top