supa-m dis hoekom jou voer baie belangrik is.
verkieslik moet jy n voer, of n mengsel van voere, gebruik wat vir jou daai nodige voer op die bedding los en nie wegdryf nie.
ek het die laaste ruk met n mengsel van magic baits en supercast gehengel. baie goeie kombinasie wat gewig aan jou bol sit, en met al die nodige deeltjies wat op die bodem agterbly as die bol geblus het. op sy eie bind magic baits se voer nie so lekker.
as die wind waai gebruik jy net n swaarder sinker. dis hoekom jy altyd so lig as moontlik, bv M0 begin, en as die wind opsteek gan jy dan opgaan na n M1 of n bietjie swaarder om jou kol weer raak te gooi.
ek hoop jy verstan wat ek probeer verduidelik