BigDan wat ek altyd doen om die groter vis te vang is om net een hoek met my bom te gebruik, maak die hooklink langer as gewoonlik, ek het gesien dat die groter vis biekie verder van die mieliebom af gevang word, maak seker dat die "spring" of plastiek wat jy gebruik om jou mieliebom aan vas te sit so goed moontlik met jou bodem saamsmelt, die grotes sien n geel of oranje mieliebom van ver af! Dit help ook om jou geel mieliebom se kleur te verander, na iets meer neutraals. Wat ek ook elke nou en dan doen met goeie sukses is om n groot hoek te gebruik en in plaas van een mielie ryg ek hom amper vol mielies. Die spesie kant gebruik leadcore om hul lyne op die grond vas te hou want daai grotes skrik en swem dadelik weg as hulle n lyn voel met hul vinne. Ek vat daai "split shot" gewiggies en maak so paar van hulle aan my lyn vas agter die bom (so 20cm uitmekaar) sodat die lyn plat le op die bodem. Maak net seker dat jou hoeke en lyn sterk genoeg is, die ouens stry elke dag daaroor maar jy gaan sukkel om n groot vis te vang met die dun lyn wat oor die algemeen gebruik word. Die belangrikste by ver is "location" jy kan watse aas en gerei gebruik as daar nie n grote is nie gaan jy hom nie vang nie, ek weet nie wat het jy tot jou beskikking nie maar as jy n fishfinder het gebruik hom, as jy n setup het om die bodem te toets doen dit, anders gaan jy blind hengel en maar net op geluk moet staat maak, en as daai manier gewerk het sal almal die heeltyd grotes vang!
Die ouens word verskriklik gekruisig partykeer met antwoorde soos "slaan oor spesie hengel toe as jy grotes wil vang" maar dit is wel iets om aan te dink n ou kan nie stry met die resultate nie. Hoop my 5c help! Stywe lyne!