Ek wil graag hoor by die ooms.   Hoe sa

Bigdan

New member
Ek wil graag hoor by die ooms.

 

Hoe sal jy tewerk gaan om n personal best Karp en baber te vang die jaar.

 

Wag vir jul idees.
 

Naruto

Sealiner
Eerstens hang dit van die venue af. Help nie jy gaan na n venue wat nie groot vis het nie.
Tweedens kyk jy om korrek te voer. Daar is n paar nice posts oor voerstrategie in die spesie afdeling. Dit sal ook afhang van die venue en die tyd van die jaar wat jy gaan hengel.
 

Duanejc

Senior Member
Gebruik mielie pitte en n lekker duk lang deegie agter aan. Beste vangste al so gehaad, maar jy moet jou aas laat le.
 

Kosie

New member
BigDan wat ek altyd doen om die groter vis te vang is om net een hoek met my bom te gebruik, maak die hooklink langer as gewoonlik, ek het gesien dat die groter vis biekie verder van die mieliebom af gevang word, maak seker dat die "spring" of plastiek wat jy gebruik om jou mieliebom aan vas te sit so goed moontlik met jou bodem saamsmelt, die grotes sien n geel of oranje mieliebom van ver af! Dit help ook om jou geel mieliebom se kleur te verander, na iets meer neutraals. Wat ek ook elke nou en dan doen met goeie sukses is om n groot hoek te gebruik en in plaas van een mielie ryg ek hom amper vol mielies. Die spesie kant gebruik leadcore om hul lyne op die grond vas te hou want daai grotes skrik en swem dadelik weg as hulle n lyn voel met hul vinne. Ek vat daai "split shot" gewiggies en maak so paar van hulle aan my lyn vas agter die bom (so 20cm uitmekaar) sodat die lyn plat le op die bodem. Maak net seker dat jou hoeke en lyn sterk genoeg is, die ouens stry elke dag daaroor maar jy gaan sukkel om n groot vis te vang met die dun lyn wat oor die algemeen gebruik word. Die belangrikste by ver is "location" jy kan watse aas en gerei gebruik as daar nie n grote is nie gaan jy hom nie vang nie, ek weet nie wat het jy tot jou beskikking nie maar as jy n fishfinder het gebruik hom, as jy n setup het om die bodem te toets doen dit, anders gaan jy blind hengel en maar net op geluk moet staat maak, en as daai manier gewerk het sal almal die heeltyd grotes vang!

Die ouens word verskriklik gekruisig partykeer met antwoorde soos "slaan oor spesie hengel toe as jy grotes wil vang" maar dit is wel iets om aan te dink n ou kan nie stry met die resultate nie. Hoop my 5c help! Stywe lyne!
 

Brakkanjan

Senior Member
My grootste karp is ook met pitte gevang, vaaldam strop gebruik maar net met een groterige hoek, dink dit was 'n no 3 Daichi. My pa se grootste karp was gevang op 'n groot tros springwurms. Die kans dat jy 'n baber kan optel is natuurlik ook goed!
 

Bigdan

New member
Dankie Kosie ek probeer maar van die spesie hengel by my konvensionele goed in pas maar wag nog op resultate. is nou in Standerton gaan more uit Grootdraai toe en weet ek gaan iets regkry. Sal fotos post.
 

Skuimkop

Sealiner
Daar is 'n paar goed wat jy kan doen of laat ek eerder sê ek doen.

Eerstens gebruik ek groter ase en daarmee saam groter hoeke. Tot so groot soos Daicchi no 7. Ek laai hom chok en block met aas. Kaboem mielies is by verre my gunsteling met bruinbrood en floats kort op sy hakke. Ek gebruik die maxi floats en sit sommer twee op 'n slag op die hoek. Erdwurms is ook dan 'n gunsteling en ek reig hulle dat hulle sommer so knoets maak.

Tweedens soos genoem hierbo verleng ek bietjie die hoek lyntjies.

Derdens en dit is seker die belangrikste om die grootes in jou kol te kry in my oë is om te pre-bait. Ek gebruik Kaboem mielies, crushed mielies, wildbirdseeds, chick-chick no 2 en hempsade. (en soms vismeel) My hoof aas waarmee ek hulle dan target is dan ook kaboem mielies. Ek gooi so hele paar kilo's af voor ek gegin hengel en as dit moontlik was sou ek 'n paar dae voor die tyd ook op my spot baie pre-bait afgegooi het. Hier is egter die geheim. Moet nie op jou voerkol vang nie maar wel so 3 - 5 meter buite die 'edges' van jou voerkol. Die 'haas oortjies' metode werk besonders goed in die omstandighede. Die kleintjies gaan op jou voerkol tekere en die groter vis 'dwaal' maar net buite die kol rond. As die klein visse my begin pla waar ek die grooter visse target slaan ek oor na 'n hair rig toe. Ek gebruik dan 'n Maggot clip om so cluster storie van die Kaboem mielies te maak en dit kanseleer gewoonlik die kleiner visse uit.

In kort dink ek jy gaan baie langer sukkel as jy nie pre-bait nie en jy moet in stilte probeer hengel. Daarna kan jy begin worry oor jou hoek grootes en stroppe.

My Zim penny.
 

Skuimkop

Sealiner
O ja my 25 lbs Karp (my pb) was gevang op 'n floatie en Kaboem mielie combo (gebyt) op die een hoek en bruinbrood en Kaboem mielie op die ander hoek met 'n gly Rietvlei strop. So dit is mootlik om met konvesinele metodes/gear groot Karpe te vang. En dit was nie 'n vloek nie wat 'n 23 lbs Karp was 45 min voor die een ook gevang op 'n gly Rietvlei strop en op dieselfde ase as hierbo maar erdwurm was net hier die verskil.
 

pumamangp

Senior Member
its more about finding the fish and then keeping them there. carp will eat almost anything but there needs to be fish where you drop your bait, or they atleast have to travel past that area. remember carp have quite big mouths and can suck in huge baits (even a 3kg carp can suck in a 6 tiger nut cluster) so you dont need huge hooks

on the hooks, i tend to stick to smaller hooks (have caught big carp on small hooks)

just remember if you hook it you gotta land it (some make sure your tackle is up to scratch)

PS: remember carp safty
 

Bottie

Member
Kyk hoe lyk die water, as jy gemaklik voel, gooi in. Dis die aas in die water wat die vis vang. Ek het al n baba karp op hoenderlewer gevang, en n 9 kg baber op n plain floatie.(Ek dink nog steeds hy het die mieliebom gesluk en die daiichi no 1 het in sy keel vasgehaak, per ongeluk.)
 

Kosie

New member
BigDan n ou kan meeste van die spesie tegnieke gebruik om groter vis te vang, ek dink die main verskil is maar net dat die spesie ouens se gerei wat hulle gebruik net baie meer fish friendly is. Ek dink hulle gerei is oor die algemeen net ge "fine tune". Ek self vang meer en meer spesie styl, of sal ek se dit is so 50/50. Ek sit my spesie stokke nou uit soos wat ek altyd baber stokke uit gesit het en vang dan die konvensionele manier, maar dan weet ek as daai spesie stok hardloop is dit gewoonlik n grote ENNNN ek kan hom gevang kry! Ek het dit begin doen nadat ek N GROTE verloor het op die konvensionele manier en agter gekom het dat ek my tyd en geld begin mors het om daai een in n leeftyd grote te probeer vang. Nou vang ek lekker, ek bly heeltyd besig met die konv manier en ek het ook n beter kans om die grote van die dag te vang op my spesie stok!
 

Bigdan

New member
Het net muddies gekry die Karpe was skaars die grootste was so amper 3 kilos
 

Attachments

  • grootdraai muddy.jpg
    grootdraai muddy.jpg
    44.1 KB · Views: 287

Naruto

Sealiner
Bigdan wrote:
Het net muddies gekry die Karpe was skaars die grootste was so amper 3 kilos

Ten minste het jy vis gekry. Jy weet jou gerei en aas werk. Hou so aan en jy sal sukses he. Moenie te groot veranderinge maak met jou volgende probeerslag nie. Dis soms die klein goedjies wat tel.
 

errant

Member
A lot of time at a specific damn to find the patrol routes and then Feeding Spot Feeding Spot Feeding Spot, then fish around the edges.... you need a good amount of patiance.

Natural baits like Milie pit with nice corn flavor seem to be productive as well as Tigers etc if introduced into the area, remember your feeding spot needs to contain your hockbait.

another way at public dams lol and Its rather sneaky but hell is check your co fisherman, see where guys camp up and make their feeding spots, preferably choose the spot the guys feed a lot... then wait til they pack up after a camp trip etc and move off, come through the evening or next morning and fish the spot. Once the prebaited area has gone quiet the bigger fish will move in, then say a little silent thank you to the previous guys when you hook into the big one.

I really don't think there is much difference between the Specimen methods and the Traditional,.

You use some form of rig in both, your prebait your area, you use a fishing rod and reel. I think maybe specimen contain a little more fish education and you spend a lot more money :)
 

carpoholic20

New member
errant wrote:
I really don't think there is much difference between the Specimen methods and the Traditional,.

You use some form of rig in both, your prebait your area, you use a fishing rod and reel. I think maybe specimen contain a little more fish education and you spend a lot more money :)

Errant there is a big diffrance yes we use rigs but the rig is desighned(spelling) to maximise hook up and to the benifit of the carp the rigs we use are for the saftey of this fish if he breaks the line that he doesnt have hundreds of meters of line trailing behind him! yes we spend aloot of money but once again its all to do with carp safety if it gets hurt we treat the wound we use landing mats and knot-less landing nets to protect the coating of mucas on the fish with out that coating there is a good chance he will get sick and die! so dont think that we do it just cause we can there is a reason behind everything! I do paap gooi aswell but still use a landing mat and a smaller knotless landing net! There is alot that goes into specimen fishing! Once you catch your first 10kg plus carp on specimen you are hooked! tight lines guys


Not meaning to step on any toes just my 2million zim cents
 

errant

Member
No worries bud, I think maybe I should have phrased it a little differently... What I was trying to get across is the methods are very much the same in their basic form. So big fish can be had in both. You guys really do put a lot more effort into preperation for fishing and "protection" of the species.
 
Top