Ek het solank die huis bespreek vir die 9-10 maart

cptfly

Senior Member
kaspaas wrote:
cptfly wrote:
ja nee ek gaan paas naweek weer in Struisbaai wees en gaan kyk waar die visse wegkruip LOL
Paasnaweek hou Pearly Beach Hengelklub 'n kompetisie in Struisbaai. Dan trap die mense ons weer dood langs die water. Miskien moet mens maar ander venue soek daai naweek.
ek gaan tussen hulle staan en cast soos hulle saterdag oggend gemaak het tussen Jo-Jo en Dafishking. Ek loop nog verder weg om plek te maak en hulle kom staan wragtig twee manne tussen ons manne..
 
Anchorman

Senior Member
Net een manier om daai probleem op te los. Gooi oor lyn, katrol in. Herhaal todat die man moedeloos raak en wegskuif. Verkieslik moet jy sommer 'n vis ook vang terwyl jy oor sy lyn gooi
 
Dreamer

Sealiner
Anchorman wrote:
Net een manier om daai probleem op te los. Gooi oor lyn, katrol in. Herhaal todat die man moedeloos raak en wegskuif. Verkieslik moet jy sommer 'n vis ook vang terwyl jy oor sy lyn gooi

No problem for me - I can't cast straight anyway - especially if somebody squeezes in... :::S
 
cptfly

Senior Member
Anchorman wrote:
Net een manier om daai probleem op te los. Gooi oor lyn, katrol in. Herhaal todat die man moedeloos raak en wegskuif. Verkieslik moet jy sommer 'n vis ook vang terwyl jy oor sy lyn gooi
@anchorman - Julle Blaasoppie span het darem lekker kleurvolle hemde aangehad LOL
 
cptfly

Senior Member
julle het agter my gestaan met die prysuitdeling, een van julle manne het daai kleuryke hairdoo gehad LOL
 
Anchorman

Senior Member
Hahaha, die pienk sweatband en die pienk sonbril. Ons het maar die pienk hemp vir die swakste hengelaar by die huis gelos, want na so harde dag is dit net nie regverdig om vir iemand die pienk hemp te laat dra nie. Ek het maar die pienk hemp en sonbril opgesit, want ek het vir die grootste deel van die dag baie vrot gehengel
 
Top