Ek het solank die huis bespreek vir die 9-10 maart

Strepie

Sealiner
BigBen wrote:
Strepie ons moet maar ons eie 5 specie hou die naweek.

1: Klipvis

2: Skaamhaai

3: Platvis

4: Galie

5: Das

 

LoL

Sterkte aan al die manne en veilig ry....Maak ons trots....
Dit kan werk LOL maar jy het die baber vergeet!
 

subaruseun

Sealiner
bit of 5 species news...

did not fish the comp but was in struis for a bit of scouting.

the evening before the comp the elf went mad... loads of big elf everywhere, met katvis 100 who shared some valuable info.

cobbies were around i saw one of 5.0kg at aghallus side...
then also a mixed bag next to the harbour from cracker, belman, steenbrass and gorries and garrick.

saw the sealine manne who were everywhere.

they got some fish in between them, i am sure a report will come from their side.

officially got reefed on a pylie...:::S


great weekend.

next time
 

kaspaas

Sealiner
Sopas tuis arriveer en alles uitgepak. Moet nog die gerei skoonmaak en weg pak.

Wat kan mens se? Dit was Saterdag eenvoudig fantastiese strand weer, nie hengel weer nie. Die see was blouer en helderder en platter as die meeste swembaddens. Daar het nie 'n windjie gewaai nie en sun block was aan die orde van die dag.

Rinex sal sekerlik nog 'n formele verslag namens SSEC:WC plaas maar persoonlik kan ek net verklaar dat as ek daarvoor lus was, kon ek my vrieskas met Strepie fillets  gevul het! Paar Belmanne, klein steenbrassies en galjoene asook paar kabeljoue het onder die manne uitgekom maar die meeste vangste was elwe, wat natuurlik nie in die kompetisie getel het nie. Die windjie het later begin waai en die bruinwater het plek-plek gesig gewys, maar teen daardie tyd was die meeste manne al gatvol vir strepies en undersize vissies. Verskeie elwe is later middag gevang.

Vrydagaand het natuurlik die gebruiklike spanbou opgelewer en selfs dit kon nie verhoed dat ons reeds 03:30 in volle mondering vertrek het om ons onderskeie "geheime" hengelplekke te gaan "book". Ek dink die manne was teen Saterdag aand 20:00 reeds vodde en aangesien nie veel vangste van waarde ingeweeg is nie, het meeste van hulle verkies om eerder rustig om hul eie vuurtjie te verkeer. Marthin het ook Saterdagmiddag by die see siek geword en ek dink nie die manne wou hom alleen laat nie.

Afgesien van die perfekte vakansieweer en die relatief swak vangste, was die naweek groot pret. Maar Rinex en die ander manne wat in die gemeenskaplike huise gebly het, sal meer daaroor kan vertel. LOL    
 

Anchorman

Senior Member
Daai plat water en die super laagwater spring het seker baie manne se moed gebreek, gelukkig het ons darem 2 manne op die regte spot gehad en toe die galjoene op loop gaan het ek en 2 ander span maats amper 3km gedraf na hulle toe om so in die doodsnikke darem so paar galjoene te vang. Ek is net spyt dat daar so baie galjoene met ons agter die klippe ingehardloop het en om nie eens te praat van al die vis wat mens mis as jy begin gatvol raak nie.
 

Dafishking

Senior Member
Wow. Baie dankie julle vir ñ great naweek en week. Jissie bra Die billy bobs proe net nie die selfde by die huis nie.
 

Dafishking

Senior Member
Wow. Baie dankie julle vir ñ great naweek en week. Jissie bra Die billy bobs proe net nie die selfde by die huis nie.
 

EXTREMIST

Sealiner
Excellent week in struis!!! thanks to everyone who made it possible especially kenny and luzanne. bra ek hou my billy bobs net vir struis.. ons sal a plan moet maak!!!
 

Mobi Dick

Sealiner
Ja en uiteindelik kom ek ook tot verhaal na die awesome naweek.

Dankie aan almal wat deel was van die pret. moet se ek het my in my chops geloop om darem by 'n plekkie te kom wat die moeite werd gelyk het. Dit het darem vir my 3 ondermaat kobbies (1 was so 48cm), 2 Wildeperde (26 & 28cm), 'n Elf (42cm), 2 Babers en 'n Klipvis opgelewer. Dit was nogtans lekker om 'n paar vissies te vang en nie heeltemal te blank nie.

Sal definitief weer daai kolletjie gaan probeer as ek in Struisbaai is, maar gaan die keer beter beplan sodat ek nie daai ent twee keer hoef te stap nie (Omtrent so 1.2km one way). Nou sal julle dalk verstaan hoekom ek pad af was Saterdagaand. So 'n ± 7km stappie in totaal vir my is amper 3 jaar se oefening - maar moet se dit was nog steeds lekker en ek sien al klaar baie uit na ons volgende kompetisie by Kaappunt.
 

kaspaas

Sealiner
cptfly wrote:
ja nee ek gaan paas naweek weer in Struisbaai wees en gaan kyk waar die visse wegkruip LOL
Paasnaweek hou Pearly Beach Hengelklub 'n kompetisie in Struisbaai. Dan trap die mense ons weer dood langs die water. Miskien moet mens maar ander venue soek daai naweek.
 

Anchorman

Senior Member
Mobi, dis maar een van daardie dinge, by 5 spesies moet mens stap as jy wil vang waar ander hengelaars jou nie gaan pla nie. Ek en twee spanmaats het gedink ons is verskriklik slim om sommer al die pad van Suiderstrand af Brandfontein toe te stap( sowat 12km), dit was darem beter as laasjaar wat ons ongeveer 20km gestap het. Ek is nogsteeds seer van Saterdag af!
 

Anchorman

Senior Member
Daai pearly beach manne het die 5spesies gedomineer, so dalk moet julle juis gaan en bietjie loer waar hulle die vis vang
 
Top