ek het gesit en dink mieliebom is fyngemaalde miel

supa-m

New member
ek het gesit en dink mieliebom is fyngemaalde mielies soo mens kan heel mielies gebruik en dit by gooi of jy kan meel gebruik om net die mielies te bind .

die fyn mielies lok baie klyner visse waar die heelpit mielies net 500 gram vis en op lok dit gaan nou nie net 500 gram vis lok nie dit gaan kleiner lok maar meer groot vis gaan dan hierna toe kom waar die groter mielies is want die klein karp gaan nie die groot mielies kan vat nie en dar gaan natuurlik minder klein karp wees wat die aas kan optel voor die groteres .

gee my julle opinie oor dit asb.
 

Waldok

Senior Member
Het jy al probeer heel mielies met meel te bind? My mening is dat jy probeer om n snoeker bal te probeer speel met n tou in plaas van n stok. Ek glo nie dit gaan lekker werk nie en nie bind nie. Maar sommige mense gooi wel heelpit mielies in hulle fyn voer. Ek ken nie baie van spesie hengel af nie, maar ek dink hulle hengel meer op daai manier, maar hulle cast hulle voer anders in met rockets en so aan. Ek mag die kat aan die stert beet he hier.
 

Naruto

Sealiner
KOO......



Meng n blik koo mielies saam jou voer wanneer jy dit aanmaak. Paar liga manne wat glo daarin. En ek het dit self al sien werk. Maar moenie glo dat klein vis dit nie gaan optel nie. Ekt al by UJ menige undersize geelvis gevang met mielies op die hoek.
 

Naruto

Sealiner
As jy groter vis op die kol wil lok, gooi chich-chick in jou voer. Net genoeg dat die voer nog lekker kan bind. Dit maak die bol swaarder vir casting en die swaar chich-chich le op die bodem en die klein vis kan nie als optel nie en dit gee die groter vis kans om in te beweeg op die kol.
 

PI

Senior Member
Ek gebruik crushed geel mieliepitte wat ek by die pet shop koop, of jy kan mielierys ook gebruik.

Ek gou so twee hande in by n kwart emmer voer. Ek het laas by Tierkrans sommer sweetcorn in my voer gegooi met helse sukses, maar is te bang om dit te try met die Pro Mania.

Ek het nog nie ge-try om bom te bind met mieliemeel nie maar ek dink as jy so iets will try sal ek eerder koekmeel vat.

PI
 

Naruto

Sealiner
Jul moet net oppas dat die bom nie te erg bind en glad nie blus nie. Doen eers n paar eksperimente voor jul diot in n komp gebruik.
 

supa-m

New member
ja ek gaan more bietjie gaan vis ek gaan net so 4 of 5 uur sesie in werk na skool weet dit is min maar ek moet saterdag leer en so aan maar ek het klaar dit aan gemaak en ek gaan more kyk of dit werk ek sal julle laat weet en somer ook pics op sit van al die vis wat ek gevang het
 

LeonK

Member
Naruto wrote:
Jul moet net oppas dat die bom nie te erg bind en glad nie blus nie. Doen eers n paar eksperimente voor jul diot in n komp gebruik.

yip, en dan help die mielies niks

ek sal eers sekermaak of die vis in daai dam wel van mielies hou voor ek dit in my voer inwerk.

dan moet jy versigtig wees dat die mielies nie suur word en jou voer ook dan suurmaak nie.....koo pitte raak eintlik blerrie vinnig suur.

maak dalk net n klein bietjie voer op n slag aan sodat jy elke keer n vars konkoksie kan gooi.

of sit jou voer in die cooler.
 

Jake the Snake

New member
Manne ek het by die SA's heel mielies gebruik; sous en al; en met Helse groot sukses.

Hier is die resep wat vir my gewerk het en nog gan werk by ander damme.

6 hande vol Supercast voer / enige ander voer
3 hande vol chick chick no 1
1 blik whole kernel mielies sous en al (koo/pick & pay brand maak nie saak nie).

Meng dan als soos jy dit nogmaal weg sal doen en daarsy.
daar is geen verskil in die bindings fatore nie.

Dit gan nie oor om groter vis te teiken nie, maar wel oor die patrikels wat agter bly op jou kol (chick chick en die mielies)

Gooi die combo op `n kol en glo my jy gannie voorbly later in die dag nie.
Hoe se hulle hoe later hoe kwater raak daai kol.
 
Top