Dwarskersbos

Koper

Senior Member
Neem die Weskus pad tot binne-in Velddrift, sodra jy oor die brug by die hotel kom, pasop vir vier rigting stop, draai links by stop, ry deur Velddrif tot in Laaiplek, draai regs by T-aansluiting, reguit oor die volgende  vierrigting stop.  Ry aan tot in Dwarskersbos, pasop as jy jou oë knip mis jy die plek!::S

Altenatiewelik, hier is 'n kaart van die area:

Weskus Fishing Spots

;)Hoop dit help;)
 
Weskus Wurm

New member
Koper wrote:

Ry sommer reguit oor die vierrigting stop na die brug met die Engen aan linkerkant oor 2 stoppe by T aansluiting draai regs,as jy Dwarskersbos binne ry sal jy sien dat die straatname alfabeties is ,ry maar 60 hulle vang gereeld spoed aan die linkerkant soos jy die Dwarskersbos binne ry.Het jy al die area gehengel?
 
Koper

Senior Member
Weskus Wurm wrote:

Ek hoop nie ons maak die man nou heel deurmekaar nie!
 
Lompies

New member
Naand Koper

Dankie vir die padaanwysings. Ek is nou in Pofadder. Draai ek nou links Verkeerdevlei toe of regs Gariep toe?
 
Koper

Senior Member
Lompies wrote:
Naand Koper

Dankie vir die padaanwysings. Ek is nou in Pofadder. Draai ek nou links Verkeerdevlei toe of regs Gariep toe?
Gewonder of jy kwaad is vir ons laat jy nie antwoord nie, maar nou het jy heel verdwaal sien ek!

As jy in Pofadder se hoofstraat staan, vat die N14 wes na Aggeneys/Springbok, sodra jy in Springbok kom, bel my - die kabeljou loop in Alexanderbaai by die mond (jy kan saam met my ry verder!)

ps.  Jammer die skakel met die kaarte was ñ bietjie laat geplaas, ek het gedink jy's seker al op pad Dwarslêbos toe.
 
MariusHarman

New member
Hi Julle

Hoop die bamboes is minder nou,was verlede maand daar, van Veldrif tot Lambertbaai was die bamboese wild,sterkte.ByLambert baai langs die caravan  park is daar n oopte en voertuig staan naby,die braai geriewe kan hulle wel bietjie opknap.
 
Top