Draifontein - Gauteng proewe

Dis seker net fair om 'n mens se mislukkings ook te deel ne :(

Saterdag het vir party mense goed gegaan en vir ander sleg gegaan. Ek val in die laasgenoemde groepie. Maar dis hoe die hengel gaan. Jy kan op die kruin van die golf wees, maar daai einste golf kan jou "dump". Ek het Saterdag 'n enkele vis gevang. 'n Karp van 0,661kg. Rampokker (Leon) het darem 'n 2de plek in sy sone behaal met 14 vis. Koekies, wat ook in ons klub is, het 13 vis gevang en het 'n 3de plek in sy sone gehaal, sowel as Marius.

Verder kan ek wragtig niks veel se nie. Geen verskonings nie. Ek het net k... aangejaag. Maar daar is nog proewe oor en ek sal dit nog steeds bywoon.

Oor na jou Leon.........
 

LeonK

Member
ek copy/paste

Justplainshark, the luck of the draw speel ook n groot rol ne. in jou geval was die luck nie aan jou kant nie want hell, nie eers dewald sou vis gekry het op daai een penne van jou nie.

ok ja!

ek het met n game plan gegaan en ek het by my game plan gehou.
voor die tyd het ek besluit om een stok op 40m en die ander een op 60m te hengel. op n stadium het ek begin twyfel in my plan toe die manne vinnig uit die bokke is terwyl ek na 45 min niks het nie. maar ek het my stokke gelos want ek het vertroue in my aas gehad.
op die kop na 48min loop die 40m stok en ek vang n mooi karp. karp is skaars in die net (wat natuurlik in diep water geplaas is vir carp care), toe loop my ander stok. nog n mooi karp. intussen het dit stil geraak by die ander ouens en ek het gereeld vis gekry.
na halftyd het ek dieselfde strategie gevolg op my ander pen en weereens het dit vir my gewerk.

die nadeel van om jou stand in diepwater staan te maak vir carp care, is dat wanneer die golwe jou net omdruk, en daar was golwe saterdag, dit makliker is vir jou vis om te ontsnap......al gebruik ek een van daai carp friendly nette wat n mens deesdae kry. wel dit het 2 keer met my gebeur saterdag en in die proses het ek 4 vis verloor wat een muddie insluit wat ek so by die 1.5kg geskat het.
ek eindig die dag met 14 vis vir 9.8kg.

na die inweeg kon ek my vis weer vrylaat en volgens my het hulle baie vrolik gelyk aangesien carp care so ver as moontlik toegepas is. (LOL)

eindig met n 2de in my sone.

geluk aan koekies(dis nou my penmaat, aka wolraadt woltemade) en marius met hulle posisies.

coco daar is nog 3 oor, moenie moed opgee nie.
 

wykie

Senior Member
Hi coco hoop dit gaan al beter met jou
Soos hulle se dit gebeur met die beste van ons
Hoop maar vir die beste vir volgende keer
 

Waldok

Senior Member
En vir sy goeie carp care en die feit dat jy die vis n fair kans gegee het om te ontsnap, wen Leon n opblaas dartboard geborg deur SACS.....LOL. Ek grap net kerels.

 

Geluk Leon met die vangste, bad luck JPS.
 
wykie wrote:
Hi coco hoop dit gaan al beter met jou
Soos hulle se dit gebeur met die beste van ons
Hoop maar vir die beste vir volgende keer
Gideon, om die spook van Saterdag te verjaag en my vertroue terug te wen, het ek Sondag R50-dam toe gegaan met die nuwe 10vt stokke. En ek het darem my vertroue terug gekry. Maar al fluister iemand net die woord "DRAAIFONTEIN", dan slat ek sulke kol-kol hoendervleis uit en my maag draai en my oe begin te traan (al weer) ........grap net. Sal weer Draaifontein toe gaan met sober gedagtes en game plan. :wfish
 

PEETO

Senior Member
Draaifontein

Ja baie moeilie venue. Die venue het ek al ondervind as spotty. Daar is dele van die oewer waar jy goed fish en ander dele waar jy sleg fish. Ek is nou amper 1 jaar by 'n Klub en het al twee keer draaifontein toe gegaan.

Die eerste keer geblank en die tweede keer 25 vis gedrop maar gelukkig die Sondag in die plekke geeindig. Waar op die oewer het jul gesit.
 
@RAMPOKKER:
het vir my die nuwe Torpedo's gekoop. Juis vir naby hengel...nie afstand hengel nie. Dit was regtig nice gewees by die dammetjie. Braai plekke, lapa'tjie vir elke "pen" en skoon ablusieblok. Het van 07:00 tot 13:00 gefish en 10 ordentlike karpe gevang. Het die regte kombo eers later gekry. Gaan defnitief weer soontoe gaan.

@WALDO:
Ek sal die spieel in pak as ek volgende keer jou gat skop.

@BRUGGIE @WYKIE:
dis 'n bynaam van skool tyd af. Kortweg:- my doopnaam is Enrico, toe is ek Coco-Rico, en toe is dit net Coco.

@PEETO:
regtig BAIE spotty. Van die A-span ouens met wie ek gepraat het haat daai venue. Van hulle het B-span gehengel agv 'n swak proef by Draaifontein.
 

Waldok

Senior Member
Terloops, moet my nie weer vra wat ek op die bol sit, soos die afgelope twee club comps nie.......LOL !!
 

PEETO

Senior Member
Draaifontein se tricks is:

Boldips:

A. Devilsfork/Fx/Looti

B. Rose/Rhodium/Perdeby

C. Gumtree spray/Devilsfork/Fx

Hoek ase: SWD en plain comp floats gedoop in dynamite of cina 1

Floats in kleur geel of orange. Groot of klein maak nie saak nie.
 
Top