Hi Deeg, ons was toe daar het nou wel nie so baie vas gesit nie maar die probleem was dat die water het baie opgestoot met al die reen dan ek seker 50 meter ingestap het dan was die gras nog onder my voete en dan was die water net onder my knie. So die vis was baie diep.
Tussen die 8 van ons wat gegaan het, het ons +- 50 visse uitgetrek van tussen die 1 - 3.75kg. Ons het drie mooi graskarpe gekry van 2.5, 3.5 en 3.75kg. Common karp se grootste was 3.5kg.
Daar was n magdom kleintjies wat gepla het maar dit is maar deel van die pret. En natuurlik het ons 'n wonderlike storm Saterdag middag gehad. Moes maar klou aan die tente.
Oor die algemeen was dit nie sleg gewees nie. Wil volgende keer Aqua Via gaan probeer, hoor dit is ook 'n baie lekker plek om te hengel.