Draaifontein - Vaaldam

tigermad

New member
Ek gaan die naweek by Draaifontein hengel. Sal graag wil hoor wat julle ander voorstel wat daar werk. Wil nie graag al die pad daarna toe ry en "blank" nie. Enige voorstelle sal waardeer word.  ^^..

Lekker dag en laat daai katrolle skreeu!!!!:fishn
 

Deeg

New member
Ek hengel net daar as ek MOET.....soos jy afry van die hek af water toe, loop daar 'n lyndraad....sit so naby as moontlik net links van die draad....daai plek het BAIE haakplekke, minste by die draad.....
 

tigermad

New member
Dankie Deeg, oooo ek haat dit om vas te sit. Sal jou voorstel onthou. Is daar darem goeie vis daar of sukkel mens maar oor die algemeen om hulle aan die hoek te kry?
 

Deeg

New member
Dis maklik om in die vaaldam vis aan die hoek te kry....dis om by hierdie venue die vis UIT te kry wat nie so maklik is nie.....ek het heeltemal te veel gebreek daar, stroppe verloor....seker so 20 vir die dag....
 

tigermad

New member
Hi Deeg, ons was toe daar het nou wel nie so baie vas gesit nie maar die probleem was dat die water het baie opgestoot met al die reen dan ek seker 50 meter ingestap het dan was die gras nog onder my voete en dan was die water net onder my knie. So die vis was baie diep.

Tussen die 8 van ons wat gegaan het, het ons +- 50 visse uitgetrek van tussen die 1 - 3.75kg. Ons het drie mooi graskarpe gekry van 2.5, 3.5 en 3.75kg. Common karp se grootste was 3.5kg.

Daar was n magdom kleintjies wat gepla het maar dit is maar deel van die pret. En natuurlik het ons 'n wonderlike storm Saterdag middag gehad. Moes maar klou aan die tente.

Oor die algemeen was dit nie sleg gewees nie. Wil volgende keer Aqua Via gaan probeer, hoor dit is ook 'n baie lekker plek om te hengel.
 

Deeg

New member
Ek kan dit nie genoeg sê nie....sluit by 'n klub aan sodat jy by plekke soos Steyns kan uitkom....dis 'n fees, en jy leer BAIE vinnig......regtig die moeite werd.....
 

Naruto

Sealiner
Deeg, hou jy so baie van Steyns? Kan jy dalk help met hierdie post? www.sealine.co.za/view_topic.php?id=45997&forum_id=80
 

Deeg

New member
Naruto, Steyns behandel my altyd goed....enige deel van die oewer....

Ek sien jy bly in Pretoria....dis tyd dat jy by Koedoe aansluit!!!vvidevb
 

Deeg

New member
Dis die beste klub om voor te hengel.....en daar is ALTYD plek...ons het 4 spanne in die snr liga!Het 5 begin maar daar was onttrekkings!!!!

Die GN voorsitter is ook ons klub se voorsitter...geen politiek nie, Markus vat nie poefies nie....dis 'n fees om vir Koedoe te hengel en daar is GEEN probleem met hulp op komps nie.....
 

Naruto

Sealiner
Deeg wrote:
EN 'n hengelaar soos JY sal altyd plek kry.... :welk1
Vir eers is ek nog besig om ons klub op te bou, maar dankie. Ek sal dit in gedagte hou. Ons klub het darem ons doelwitte bereik vir hierdie jaar en dinge gaan nou vorentoe. Ek kan jul altyd join op n klubkomp. Laat weet my waar en wanneer.
 
Top