Dips wat my gevang het.....

Waldok

Senior Member
Ek het n paar dips in my kas wat my gevang het, ek wil kyk of ek die naweek die situasie kan reverse, en iets met hulle vang.

 

Waarmee gebruik n ou die volgende: (Behalwe nou FX)

1. European Scopex

2. R2K

3. Jumbo

Hengel iemand met die bogenoemde en watse resultate kry julle? Enige spesifieke omstandighede? Terloops, ek gaan Cilliers toe die naweek.

 

Groete

Waldo
 

Waldok

Senior Member
Jumbo is so peppermint/spearmint effek. Jumbo van Supercast se dip. Maar ek kan nie dink hy vang iets op dit nie.
 

Waldok

Senior Member
Maar ek sien nou in die jongste Oewerhengelaar dat Jumbo dip is nie eers onder Jumbo Willemse se top tien dips nie..... Nou wonder ek........Dink daai dip het my gevang.....
 

Naruto

Sealiner
Waldok, ek dink tog jy behoort sukses te he met daai Jumbo dip. Dalk moet jy dit gebruik soos mena TCP sal gebruik. Net n bietjie op die bol. Of soos Vicks, net n kolletjie bedek met looti. Ek het so mint dippie wat ek self gemaak het, maar ek glo nie ek het hom al ooit eers oopgemaak nie nie. Ek het ook al gehoor dat mint nogal werk by Klipdrift. Maar nou ja, dit sal n lang stil dag moet wees voor ek so ver sal gaan om ooit daai dip te probeer.

Ek is maar skugter as dit kom by dips koop. My penmaat is nou weer nie bang om nuwe dips te koop nie. Hy sit met n paar dips in sy kas wat hom goed gevang het. En ek probeer maar altyd raad gee voor hy koop.
 

Waldok

Senior Member
Ek sal lootie saam met hom gebruik soos Shuraj voorgestel het. Maar ek dink ek gaan hom net eenkeer gooi.... Geen confidence in die dip nie, sal julle laat weet. Dink ek gaan hom eers hier laat oggend gooi, ek kan nie dink dat iemand of iets mint so vroeg in die oggend sal wil eet nie...alhoewel tandepasta mint in het....... Nou maak ek myself net deurmekaar !!
 

Naruto

Sealiner
Een van ons juniors glo in aquafresh met die strepie. Dit werk vir hom. Waar is jul volgende klubkomp?
 

Waldok

Senior Member
Dis more by Cilliers. Boot kant.

Ek gaan verseker die Jumbo gooi een of ander tyd more. Die aquafresh het my nou moed ingepraat.
 

Fanie

Sealiner
Hi ouens,

Ek sien deesdae mens kry allerhande geure en kleure aas te koop.

In die ou dae het ons self aas 'aangemaak' en die deeg en brood op spesiale maniere gebry, en self gegeur ook. Doen niemand dit meer nie ? Ek dink nie ons het te sleg gevang nie al was dit nou nooit in kompetisies nie.

As ek al die geure sien dan wonder ek soms, wat het van die meer 'natuurlike' aanbieding van aas geword... ?







Please support - http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=54807&forum_id=112
 

Brakkanjan

Senior Member
Hi Fanie, lyk my ek het ma se kar uitgesort, baie dankie vir die boodskap.

My pa vang groter vis as ek die paar keer wat hy saam was en glo in die volgende:

  • Bruinbroodjie met eier, heuning en vla of kerrie[/*]
  • TCP[/*]
  • Moirs se almond en caramel[/*]
  • Koo se heelpit mielies[/*]
  • Kaboem mielies wat hy self gekook en gemaal het saam met sy grondvoer-daai jare het hulle nie eers kits voer gehad nie.[/*]
  • Vir baber viskop, hart[/*]
  • Rysmiere
[/*]
Amper tyd vir die Sealine Social ;)

 
 

Enigma

Moderator
R2K as is or with Kiana good in most Vaaldam venues, Bronkies, Trichardt and Arabie

Jumbo - Klipdrift and for muddies in the Vaal, small touch of Jumbo - spearmint version of Louwtjie's Paint

Scopex is a good dip for the heart of winter and works all over the Vaal and Baja Dam (Bronkies) and Wolvekrans at Witbank Dam loves it as a dip
 

Shuffle

New member
Ek hengel graag met die scopex by Bronhorstspruit dam en gebruik piesang saam dit of skoon op een hoek en scopex op die ander en die bol

hoop dit help

 
 
Top