Die KOPER clan het kom kuier

Koper, Dehanna en Devan het uiteindelik vir ons kom kuier in Namibia!! Ons het sommer van die begin af gekliek en lekker (probeer) visvang. Alhoewel die kondisies nie te goed was nie, was die wil om vis te vang, groot. Dit was baie koud en winderig en die see lekker rof.

Ons het van die Sat middag tot Maandag middag net 2 kabeljoue uitgetrek en 'n hele paar barbers waarvan die meeste deur ons jnr kaptein, Devan gevang is. Hy was natuurlik baie trots omdat sy span (Devan en Simen) gewen het!

Ek en Simen wil net weer dankie sê vir die lekker kuier, braai, uiteet by Fishy corner, samesyn by die huis en sommer net al die lekker lag.. Ek dink Devan gaan nog 'n groooot visserman word!

Hierdie foto is op die woestynpad, tussen Usakos en Henties, geneem by die enigste boom (dan is hy nog dood ook)

Nou wag ons vir die volgende besoek!!
 

Attachments

  • visvang julie 2011 003 (Small).jpg
    visvang julie 2011 003 (Small).jpg
    31.2 KB · Views: 191
Ons uiteet by Tilana by Fishy Corner.. Heerlike vuurtjie wat brand en lekker rooi wyn
 

Attachments

  • visvang julie 2011 024 (Small).jpg
    visvang julie 2011 024 (Small).jpg
    48.3 KB · Views: 189
Dit raak al laat maar die 3 manne hou nog vol. Ek het teen daardie tyd al opgegee en te koud gekry..
 

Attachments

  • visvang julie 2011 021 (Small).jpg
    visvang julie 2011 021 (Small).jpg
    41.6 KB · Views: 183
Net om vir julle te wys hoe mooi die "woestyn" is. Dit is vol sulke klein vetplantjies, party rooi ander geel en ander oranje
 

Attachments

  • visvang julie 2011 005 (Small).jpg
    visvang julie 2011 005 (Small).jpg
    33.8 KB · Views: 185

Koper

Senior Member
Sjoe Michelle, dankie vir die mooi post.  Vanaf die koperclan weereens baie dankie vir die uitnodiging om te kom kuier.  Jy is 'n staatmaker & enige man sal sy ou stink skoene moet deurstap om 'n vrou soos jy in die hande te kry, en dan kan jy nog visvang ook!

Simen, ek het 'n ander sy van jou leer ken die oomblik toe jy vir Devan onder jou vlerk geneem het, hel - as die manne op die forum dit moet sien sal hulle jou nie so baie "grief" gee nie!  Jy het 'n blywende indruk op hom gemaak, so by so dat hy al gister my diepste geheime aan jou vertel het:fbash.......

Nadat ek hom vanmiddag die thread gewys het, en hy dit deurgelees het, het hy by die kantoor uitgehardloop, hande in die lug gegooi & geskree - "Ek is nou 'n visserman!"

Net nog 'n paar fotos van ons af:

Simen besig om 'n vuurtjie te begin (daai wereld het darem lekker hout)

P1070425.jpg


Klein kaptein met nog 'n barber:

IMG_0663.jpg


Die spanlede wens mekaar geluk met nog 'n vangs (op hierdie stadium het dit begin lyk na 'n Stormers vs Blou Bul game):

P1070437.jpg


As Oom Simen 'n foto neem van my vangs, dan moet ek een neem van sy vangs:

IMG_0665.jpg


Nog van die woestyn vygies:

P1070432.jpg


Twee kanniedode op pad na die viswater:

P1070428.jpg


Laastens sommer 'n paar fotos wat in Etosha geneem is:

P1070407.jpg


P1070340.jpg


P1070247.jpg


Die pan:

P1070155.jpg
 

mongie

Senior Member
Baie dankie dit was nou 'n mooi artikel gewees en stunning foto's wat julle geneem het ,maak my net jaloers op julle
 
Baie mooi fotos so teen die sonsondergang!

Dankie vir die kompliment Koper, jy maak my nou skaam. Julle is mense wat plat op die aarde is en altyd tevrede met alles..

Groete daar vir Dehanna en Devan hoor
 
Top